NG gemeente Livingstone
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Livingstone was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die dorp met dieselfde naam in Noord-Rhodesië wat in 1946 van NG gemeente Lusaka afgestig het, maar na Zambië se onafhanklikwording weer by die moedergemeente ingelyf is. Die dorp en omgewing word nou deur die leraar van die gemeente in Lusaka bedien en hou elke eerste en derde Sondag van die maand 'n erediens in die Sun-hotel by die Victoria-waterval.[1]



Enkele leraars
- Charl Cilliers Colyn, 1947–1948
- Prof. dr. Pieter Gabriël Warnich, 1 Desember 1951–1956
- Matthys Michielse Niewoudt, 1957–1961
- Johannes Hendrik van Wyk, 1958 (hulpprediker)
- Jacobus Frans Kocks, 1961–1966 (oorgekom van Bezuidenhoutsvallei)
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.