Murlough Beach is 'n wye, plat sandstrand, met 'n rant spoelklippies net bokant die hoogwaterpeil, wat oor 'n afstand van vyf myl langs die Ierse Seekus tussen Newcastle en Dundrum in die Noord-Ierse graafskap Down strek.

Thumb
Murlough Beach
Thumb
Murlough Beach in die Septemberson
Thumb
Murlough Beach in die Oktoberson, met Newcastle en die Mourne Mountains in die agtergrond
Thumb
Die sandduine van die Murlough-natuurreservaat sluit regstreeks by die spoelklippiesrant aan

Die strand word begrens deur die Nasionale Murlough-natuurreservaat, 'n uitgestrekte sandduinstelsel wat sowat 6000 jaar gelede gevorm is en sedert 1967 deur die National Trust bestuur word.[1] Die natuurreservaat word deur 'n netwerk van paaie en houtpaaie vir besoekers ontsluit. Murlough Beach se buitengewone ligging tussen die natuurreservaat, die bergreeks Mourne Mountains en die Ierse See maak van die strand 'n gewilde bestemming vir staptoeriste en voëlkykers.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.