Dundrum (Iers: Dún Droma "Fort by die bergrug")[1][2] is 'n klein nedersetting en townland in die Noord-Ierse graafskap Down, geleë aan die Dundrumbaai, sowat vier myl buite Newcastle langs die A2-motorpad, met 'n bevolking van 1 555 volgens die sensus van 2011.

Kitsfeite Dundrum Dún Droma (Iers-Gaelies), Land ...
Dundrum


Dún Droma (Iers-Gaelies)
Dorp
Thumb
Thumb
Dundrum
Dundrum
Koördinate: 54°15′00″N 5°51′00″W
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Noord-Ierland
CountyDown
Bevolking
  Totaal1 555
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
  SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
BT33
Skakelkodes028
Sluit
Thumb
Die kasteel is nie net op 'n vroeë strategies belangrike heuweltop geleë nie, maar bied ook 'n uitsig oor Dundrumbaai, Newcastle en die Mourne Mountains, een van Noord-Ierland se mees dramatiese kuslandskappe
Thumb
Uitsig oor Dundrumbaai tydens laagwater

Dundrum staan veral bekend vir sy Normandiese kasteel wat teen die begin van die 13de eeu, ná die Normandiese verowering van Ulster, deur John de Courcy (1160–1219) opgerig is om die landroete tussen Drogheda en Downpatrick te beskerm. Die kasteel se ruïne is tans 'n historiese besienswaardigheid in Dundrum en bied danksy sy ligging op 'n heuwel 'n uitsig oor Dundrumbaai, gebiede in sy omgewing (waaronder die Mourne Mountains) en die Ierse Seekus.

Die sandduinhabitat en natuurbewaringsgebied Murlough Nature Reserve, wat in 1967 as Ierland se eerste natuurreservaat gevestig is en tans deur die National Trust bestuur word, is naby Dundrum geleë, met Keel Point as plaaslike toegangspunt.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.