Plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kurkbos (Mundulea sericea) is 'n klein boompie wat noordwaarts van die Vaalrivier en in die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. Die boom se peule word tot 8 cm lank en is met goudbruin, fluweelagtige hare bedek. Die hare word mettertyd grys en die peule hang 'n hele tydjie aan die boom. Die bas en hooftakke is diep gegroef en kurkagtig en bevat die gif rotenoon. Die blare word egter deur diere gevreet.
Kurkbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Mundulea |
Spesie: | M. sericea |
Binomiale naam | |
Mundulea sericea (Willd.) A.Chev., (1925) | |
Sinonieme | |
|
Die spesie staan ook as die blou-ertjiebos en kurkboombos bekend.
Die spesie kom voor in: Angola, Benin, Botswana, Eswatini, Indië, Ivoorkus, Kameroen, Kenia Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Sri Lanka, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die spesie het twee infraspesies:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.