Morawiese kerk
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Morawiese kerk is in 1457 in Morawië (nou Tsjeggië) gestig. Die kerk het sedertdien na ander lande versprei en daar is nou kerke gevestig in die Verenigde State, Kanada, Nederland, Suriname en Suid-Afrika. Vandag is die kerk in Suriname die grootste Morawiese kerk. Die meeste gelowiges van die Morawiese kerk in Europa is Surinamiërs.
Die Morawiese kerk is in 1735 in Amsterdam, Nederland, gevestig onder leiding van Friedrich de Watteville in IJsselstein, 'n vriend van Zinzendorf. Die kerk het van hier af sendingwerk onderneem na die Nederlandse kolonies, Kaap die Goeie Hoop en Suriname. In 1738 is die eerste sendingstasie in Suider-Afrika gevestig in Genadendal deur die Duitse sendeling Georg Schmidt. In 1808 is die tweede sendingstasie in Suider-Afrika gevestig in Groenekloof, later genoem Mamre.
Eerw. Latrobe het op sy visenteerreis (1815–1816) 'n plek vir 'n derde sendingstasie gesoek en gevind. Dit was in die ooste, by die Witterivier wat 'n tak van die Zondagsrivier is. In 1818 het eerw. Hans Peter Halbeck met sy werk begin en die sendingstasie Enon genoem.
In 1824 koop die kerk die plaas Vogelstruyskraal by Hans Peter Halbeck en stig die dorp Elim. Die Morawiese kerk in Elim besit ongeveer 7 500 akker grond binne Elim en is die grootse Morawiese Kerk in die Wes-Kaap.
Die Morawiese kerk op Elim beskik oor die oudste werkende kerkklok in Suid-Afrika. Dit dateer uit 1757 en kom vanuit Duitsland. Die klok was reeds byna 140 jaar in gebruik toe dit in 1911 aan die Elimkerk geskenk is. Die sendeling Lemmertz het die klok aanmekaar gesit.
Vier deur die Morawiese kerk gestigte en identies beplande stede is deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys: Christiansfeld in Jutland (in 2015), Bethlehem in Pennsilvanië, Gracehill in Noord-Ierland en Herrnhut in Sakse.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.