Mohenjo-Daro
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mohenjo-Daro (Sindhi: موئن جو دڙو, Oerdoe: موئن جو دڑو; letterlik "Heuwel van die Dooie Mans")[2] is ’n argeologiese terrein in die provinsie Sindh, Pakistan. Dit is omstreeks 2500 v.C. gebou, en was een van die grootste nedersettings van die antieke Indusvalleibeskawing en een van die wêreld se eerste groot stede. Dit het bestaan in dieselfde tyd as die beskawings van Antieke Egipte, Mesopotamië, Minoïese Kreta en Norte Chico.
Mohenjo-Daro | ||
Die ruïnes van Mohenjo-Daro in Pakistan, in 2010. | ||
Plaaslike naam | Sindhi: موئن جو دڙو Oerdoe:موئن جو دڑو | |
Land | Pakistan | |
Soort | Nedersetting | |
Oppervlakte | 250 ha[1] | |
Geskiedenis | ||
Gestig | 26ste tot 25ste eeu v.C. | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | ii, iii | |
Verwysing | 138 | |
Streek† | Asia-Pacific | |
Beskrywing* | Archaeological Ruins at Moenjodaro | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Mohenjo-Daro het in die 19de eeu v.C. leeggeloop namate die Indusvalleibeskawing agteruitgegaan het, en die terrein is eers in die 1920's herontdek. Aansienlike uitgrawings word sedertdien gedoen in die stad, wat in 1980 aangewys is as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[3] Die terrein word tans bedreig deur erosie en onbehoorlike restourasiewerk.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.