From Wikipedia, the free encyclopedia
Mirzam (ook bekend as Beta Canis Majoris of β CMa) is ’n ster in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met sy gemiddelde skynbare magnitude van 1,985 is dit een van die helderste sterre in die naglug. Volgens parallaksmetings is dit sowat 500 ligjare van die Son af.[2]
Mirzam
| ||||
Mirzam se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Groot Hond | |||
Bayer-naam | Beta Canis Majoris | |||
Spektraaltipe | B1 II-III[1] | |||
Soort | Reusester/Helder reus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 22m 41.98535s[2] | |||
Deklinasie | -17° 57′ 21.3073″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,985[3] (1.97 - 2.01[4]) | |||
Absolute magnitude (M) | -4,1[5] | |||
B-V-kleurindeks | -0,235[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,99[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 13,5 ± 0,5[6] | |||
Radius (R☉) | 9,7 ± 1,3[7] | |||
Ligsterkte (L☉) | 26 600[7] | |||
Ouderdom (jaar) | 12,4 ± 0,7 miljoen[6] | |||
Temperatuur (K) | 23 150[8] | |||
Afstand (ligjaar) | 500 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 31 ± 5[6] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,04 ± 0,10[6] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | β Cep[9] | |||
Ander name | ||||
Murzim, Mirza,[10] 2 Canis Majoris, HR 2294, BD-17°1467, HD 44743, SAO 151428, FK5 243, HIP 30324, GC 8223, CCDM 06227-1757[11] | ||||
|
Mirzam is ’n Beta Cephei-veranderlike[9] met ’n skynbare magnitude wat oor ’n tydperk van ses uur wissel tussen 1,97 en 2,01, ’n wisseling wat te klein is om met die blote oog waar te neem. Die wisselings is die gevolg van periodieke pulse in sy buitenste laag.
Sy massa is sowat 13 tot 14 keer dié van die Son[6] en sy radius 8 tot 11 keer die Son s'n.[7] Sy effektiewe temperatuur is sowat 23 150 K, wat baie hoër as die Son s’n van 5 778 K is. Sy temperatuur gee dit die tipiese blouwit kleur van ’n B-tipe ster.[8][12] Mirzam se geraamde ouderdom is 12 miljoen tot 13 miljoen jaar. Dit het die waterstof in sy kern opgebruik en ’n reusester geword. Sy sterreklassifikasie van B1 II-III[1] dui aan sy spektrum lê tussen dié van ’n reusester en helder reus.
Die ster se Bayer-naam is "Beta Canis Majoris". Sy tradisionele name, "Mirzam" "Al-Murzim" of "Murzim",[10] kom van die Arabiese مرزم, "die voorloper", wat waarskynlik verwys na sy posisie as voorloper van Sirius in die naglug (hy kom voor Sirius op). In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Mirzam" vir die ster goedgekeur.[13]
Mirzam verskyn op die vlag van Brasilië en simboliseer die staat Amapá.[14]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.