From Wikipedia, the free encyclopedia
Milton Friedman (31 Julie 1912 – 16 November 2006) was 'n beroemde Amerikaanse ekonoom. Hy het baie in die teorie van monetarisme belanggestel. Volgens monetarisme het die bedrag geld wat deur die regering gedruk word 'n groot effek op 'n land se hele ekonomie. Hy ondersteun die idee dat die regering elke jaar dieselfde lae koers van geld moet druk, eerder as verskillende bedrae elke jaar. In 1976 is die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe "vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid" aan hom toegeken.[1]
Milton Friedman | |
Milton Friedman in 2004 | |
Gebore | Brooklyn, New York | 31 Julie 1912
---|---|
Oorlede | 16 November 2006 (op 94) San Francisco, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Ekonomie, statistiek, outeur |
Instelling(s) | Hoover-instelling (1977–2006) Columbia Universiteit (1964–65) Universiteit van Chicago (1946–77) Columbia Universiteit (1937–41; 1943–45) Nasionale Buro vir Ekonomiese Ondersoek (1937–40) |
Alma mater | Columbia Universiteit (PhD 1946) Universiteit van Chicago (MA 1933) Rutgers Universiteit (BA 1932) |
Bekend vir | Prysteorie, Monetarisme, Toegepaste makro-ekonomie, Swewende wisselkoerse, Permanente inkomste-hipotese Militêre opslag, Friedman-toets |
Beïnvloed deur | Adam Smith, John Stuart Mill, Irving Fisher, Thomas Paine, Frank Knight, Simon Kuznets, Jacob Viner, Harold Hotelling, Arthur F. Burns, Friedrich Hayek, Homer Jones, Henry Calvert Simons, George Stigler, Henry Schultz, Henry George |
Invloed op | Margaret Thatcher, Gary Becker, Augusto Pinochet, Mart Laar, Alan Greenspan, Anna Schwartz, Ben Bernanke, J. Bradford DeLong, Thomas Sowell, Herbert Stein, Harry Markowitz, Phillip D. Cagan, Hernando de Soto Polar, William F. Buckley, Jr., David D. Friedman, Scott Sumner, Ted Cruz, Ronald Reagan, Ron Paul, Rand Paul; Cato Institute, Chicago Boys, Fraser Institute |
Toekennings | Nasionale Medalje van Wetenskap (1988) Presidensiële Medalje van Vryheid (1988) Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe (1976) John Bates Clark-medalje (1951) |
Handtekening |
Friedman is in 'n familie van Hongaars-Joodse afkoms in Brooklyn, New York gebore. Hy het in Rahway, New Jersey, grootgeword. Friedman het aan die Rutgers Universiteit, Columbia Universiteit en die Universiteit van Chicago gestudeer. Hy het in Chicago met George Stigler by die Chicago School of Economics gewerk.
Tydens die 1970's het Friedman se ideale van monetarisme gewild geword, waarna hy die ekonomiese raadgewer van president Ronald Reagan geword het.
Volgens Friedman moet die regering se beheer oor die ekonomie beperk word. Hy het met die ideale van die verlaging van belasting en die verlaging van staatsbesteding voorgestaan. Sy politieke sienings was liberaal. Hy het teen diensplig gestaan en was ingenome toe die VSA hulle diensplig wetgewing geskrap het.
Vir 'n paar dekades het Friedman verskeie dokumentêre, boeke en onderhoude die lig laat sien om sy ekonomiese ideale te versprei. Die belangrikste boeke wat deur hom geskryf is, is Capitalism and Freedom en Free to choose.
In 1938 trou Friedman met Rose Director. Hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Hy was 'n agnostikus.
As gevolg van hartversaking is Friedman in San Francisco, Kalifornië, oorlede.[2] Sy oorskot is veras en oor die San Francisco Bay-gebied gestrooi.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.