Millau
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Millau (Oksitaans: Milhau) is 'n stad en onderprefektuur in die Suid-Franse département Aveyron (regio Midi-Pyrénées) met 'n oppervlakte van 168,23 vierkante kilometer en 22 013 inwoners (2009). Die stad lê in die vallei van die Tarnrivier, wat hier in die Dourbie uitmond.
Millau Milhau | |
---|---|
Straattoneel in Millau | |
Koördinate: 44°05′55″N 3°04′42″O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Midi-Pyrénées |
Département | Aveyron |
Arrondissement | Millau |
Kanton | Millau-Oos, Millau-Wes |
Regering | |
• Burgemeester | Guy Durand |
Oppervlak | |
• Stad | 168,23 km2 (64,95 vk. myl) |
Hoogte | 340–888 m (1 120–2 913 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 22 013 |
• Digtheid | 131/km2 (340/vk. myl) |
• Stedelik | 28 005 |
Poskode | 12100 |
Skakelkodes | 12145 |
Webwerf | millau.fr |
Die ravyne van die riviere Tarn, Dourbie en Jonte, die rotsdoolhof van Montpellier le Vieux, die grot Aven Armand en die Parc naturel régional des Causses is die belangrikste natuurlike besienswaardighede.
Naas Cabrières, die kasteel van die sopraan Emma Calvé, wat in 1942 in Millau oorlede is, is die Millau-brug (Frans: Viaduc de Millau), die hoogste ter wêreld, die bekendste mensgemaakte besienswaardighede van Millau.
Die omgewing van Millau word as een van die mooiste gebiede vir sweefvliegsport-entoesiaste in Europa beskou.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Millau. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.