From Wikipedia, the free encyclopedia
Michael Richard Schutte (9 Desember 1950 – 14 Julie 2008), beter bekend as Mike Schutte, was 'n legendariese Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen wat as "Die Tenk" bekend gestaan het. Schutte is op 9 Desember 1950 in Boksburg gebore. Hy het die SA swaargewigtitel in 1975 teen Jimmy Richards verower, maar dit weer in 1976 aan Gerrie Coetzee afgestaan. Sy afrigter was Alan Toweel.
Mike Schutte | |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Michael Richard Schutte |
Bynaam(e) | Die Tenk |
Gewigklas | Swaargewig |
Lengte | 1,79 m |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Geboorte | 9 Desember 1950 Boksburg, Transvaal |
Sterfte | 14 Julie 2008 (op 57) Vanderbijlpark, Gauteng |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 49 |
Oorwinnings | 38 |
Oorwinnings met uitklophou | 28 |
Verloor | 9 |
Gelykop | 2 |
Na sy boksloopbaan tot 'n einde gekom het, het Schutte in die openbare oog gebly as rofstoeier, akteur en sanger. Hy sal ook onthou word vir die talle Mike-grappies wat die rondte gedoen het, en wat hy self ook oorvertel het.
Schutte is op 14 Julie 2008 in 'n hospitaal in Vanderbijlpark oorlede.
Schutte is ook in die 1986-rolprent, You Must Be Joking! te sien saam met bekendes soos Carike Keuzenkamp, Kallie Knoetze, Leon Schuster, Rina Hugo en Janine Pretorius.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.