Kallie Knoetze

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kallie Knoetze is 'n voormalige swaargewig bokskampioen van Suid-Afrika.

Kitsfeite Statistiek, Geboortenaam ...
Kallie Knoetze
Statistiek
Geboortenaam Nikolaas Jacobus Knoetze
Gewigklas Swaargewig
Lengte 1,85 m
Nasionaliteit  Suid-Afrika
Geboorte 24 April 1953
Roodepoort, Gauteng
Houding Links
Boksrekord
Totale gevegte 27
Oorwinnings 21
Oorwinnings met uitklophou 20
Verloor 6
Gelykop 0
Geen wedstryd 0
Sluit

Nikolaas Jacobus Knoetze is op 24 April 1953 in Roodepoort gebore. Hy het in die 1970's homself in Pretoria gevestig en in Boomstraat geoefen vir sy aanslag op die Suid-Afrikaanse swaargewigtitel. Sy grootpraterige aard het hom gou die bynaam Die Bek van Boomstraat besorg.

Knoetze het in 1976 sy loopbaan as 'n professionele bokser begin. Sy grootste oomblik was toe hy om die vakante wêreldtitel op 2 Junie 1979 teen John Tate van die Verenigde State by Mmabatho in Bophuthatswana geboks het. Knoetze het in die 8ste rondte met 'n tegniese uitklophou verloor.

Knoetze het in 1977 swaargewigkampioen van Suid-Afrika geword, teen sy aartsvyande in die kryt Gerrie Coetzee, Mike Schutte en Jimmy Abbott. Knoetze het op 27 Julie 1981 uitgetree, met 'n rekord van 27 gevegte, 21 oorwinnings (waarvan 20 uitklophoue) en 6 keer verloor.

Filmografie

Knoetze was ook in die 1986-rolprent, You Must Be Joking! te sien saam met bekendes soos Carike Keuzenkamp, Rina Hugo, Leon Schuster, Mike Schutte en Janine Pretorius.

Eksterne Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.