Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Michael Kors (gebore as Karl Anderson, Jr.; * 9 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse modeontwerper wat in New York werksaam is. Kors dien as die ere-voorsitter en hoof kreatiewe beampte vir sy modeonderneming Michael Kors Holdings Limited wat in 1981 gestig is en waarvan die aandele op die New Yorkse effektebeurs genoteer word.
Kors se twee mode-etikette (Michael Kors Collection en MICHAEL Michael Kors) spits hom op prêt-à-porter-sportmode vir dames en here, bybehore, juweliersware, horlosies, skoene en parfuums toe. Kors het daarnaas tussen 1997 en 2003 as die Franse modehuis Céline se eerste ontwerper vir prêt-à-porter-damesklere gedien.
Michael Kors se eie of konsessie-modewinkels is in die belangrikste metropole en welvarendste nedersettings op aarde gevestig, waaronder New York, Beverly Hills, Chicago, Londen, Milaan, Parys, München, Istanboel, Doebai, Seoel, Tokio, Hongkong, Shanghai en Rio de Janeiro.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.