Messier 84

From Wikipedia, the free encyclopedia

Messier 84

Messier 84 of M84 (ook bekend as NGC 4374) is ’n lensvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Kitsfeite
Messier 84
Thumb
Messier 84 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: NOAO)
Soort stelselLensvormige sterrestelsel
SterrebeeldMaagd
TipeE1
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 25m 03,7s
Deklinasie+12º 53' 13"
Skynmagnitude10,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar)60 miljoen
Skynbare grootte 6′,5 × 5′,6
Ander nameNGC 4374, UGC 7494, PGC 40455, VCC 763
Portaal    Sterrekunde
Sluit

M84 is in die digte kern van die Virgo-sterrestelselswerm geleë.[1] Met radiowaarnemings en op foto's deur die Hubble-ruimteteleskoop is twee strale materiaal ontdek wat uit die sterrestelsel se middel uitskiet, sowel as ’n skyf vinnig roterende gas en sterre wat dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n massa van 1,5 x 109 sonmassas.[2]

Supernovas

Twee supernovas is in M84 waargeneem: SN 1957[3] en SN 1991bg.[4] ’n Derde supernova, SN 1980I, kan deel wees van M84, of andersins van een van sy buurstelsels, NGC 4387 of Messier 86.[5]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.