Mato Grosso do Sul
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mato Grosso do Sul (uitgespreek as [ˈmatu ˈɡɾosu du ˈsuw]) is een van die 26 state van Brasilië. Die hoofstad en grootste stad is Campo Grande. Die staat, met die standaardafkorting MS, het 'n oppervlakte van ongeveer 357 146 vierkante km en is in die suide van die Sentraal-Wes-streek geleë. In 2017 het die staat 2 713 147 inwoners gehad.
| |||||
![]() | |||||
Sien ander Brasiliaanse state | |||||
Land | Brasilië | ||||
Hoofstad | Campo Grande | ||||
Grootste stad | Campo Grande | ||||
Oppervlakte | 357 124,962 km² | ||||
Bevolking - Totaal - Digtheid |
2 297 981 (2006) 6,4 inw./km² | ||||
Goewerneur | Eduardo Riedel | ||||
Visegoewerneur | José Carlos Barbosa | ||||
MOI (2005) | 0,802 – hoog | ||||
Tydsone | UTC-4 |
Ligging
Mato Grosso do Sul is in die suide van die land geleë en word deur die deelstate Minas Gerais en São Paulo in die ooste, Paraná in die suidooste, Mato Grosso in die noorde, en Goiás in die noordooste begrens. Mato Grosso do Sul grens ook aan die lande Paraguay en Bolivia in die suide en weste.
Demografie
Etniese groepe
Etniese groep | Persent | Bevolking |
Wit | 51,10% | 1 179 000 |
Bruin | 41,80% | 936 000 |
Swart | 5,30% | 122 000 |
Ander | 1,70% | 39 000 |
Bronne
- Gott, Richard (1993). Land without Evil. London: Verso. ISBN 0860913988.
- Henning, John (1978). Red Gold. Cambridge, MA: Harvard University Press. ISBN 0674751078.
Deelstate van Brasilië | ![]() |
---|---|
Distrito Federal |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.