Mashona

bantoegroep van suidoostelike Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Mashona

Mashona verwys na 'n inheemse Afrikastam wat vermoedelik reeds in die 16de eeu 'n groot deel van die huidige Zimbabwe bewoon het. Van hul oorsprong is egter redelik min bekend. Hulle was 'n vredeliewende volk en bekend vir hul vaardigheid in ysterwerk en in handel. Hulle het in die riviere na goud gesoek en het matte vervaardig wat hulle aan ander stamme verkoop het. Omstreeks 1840 is die land deur Matebeles binnegeval, wat die Mashona op 'n groot skaal uitgemoor het en die oorblywendes in die heuwels ingejaag het. Daar het hulle in vestings tussen die kranse gewoon. Die Matabeles het ook slawe van baie van hulle gemaak. Met die koms van die Britse Pioneer Column in 1890, is die Mashona sonder veel moeite onderwerp, maar die Matabeles het nog strooptogte op die Britte uitgevoer. In 1895 het die Mashona by die Matebeles aangesluit in die opstand teen die blankes.

Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Mashona
Thumb
Mashona-plase naby Murewa, Zimbabwe
Totale bevolking: 10 741 000–11 766 000[1]
Belangrike bevolkings  in:  Zimbabwe 10 700 000 of 11 560 000[2]

 Mosambiek 173 000[3]
 Botswana 11 000[4]
 Zambië 30 200[5]
 Suid-Afrika 20 000[6]

Taal: Shona, Engels, Portugees
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens, Moslem
Verwante etniese groepe: Lemba, ander Bantoevolke
Sluit
Thumb
'n Shona-toordokter (n'anga) naby Groot-Zimbabwe

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.