Suid-Afrikaanse argeoloog From Wikipedia, the free encyclopedia
Lucinda Backwell (1966-) is 'n argeoloog en lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika.[1] In 2000 het sy haar MSc in Paleo-antropologie (cum laude) aan die Universiteit van die Witwatersrand se Mediese Skool behaal. Haar PhD in Paleo-antropologie is in 2004 toegeken, en sy was die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat 'n PhD in Paleo-antropologie aan 'n plaaslike instelling behaal het.[2]
In 2011 is sy bevorder tot Senior Navorser aan die Universiteit van die Witwatersrand se Bernard Price Instituut for Paleontologiese Navorsing[3], waar sy inleidende kursusse oor menslike evolusie en tafonomie gelewer het. Sy het ook nagraadse studente geleer oor verskeie onderwerpe, insluitend fossiel versamlings in die Wieg van die Mensdom.[4] In 2017 het sy geëmigreer na Argentinië en begin werk met die Instituto Superior de Estudios Sociales[5] (CONICET)[6], Argentinië. Sy is 40 keer gepubliseer en is betrokke by 11 dokumentêre programme. Haar navorsingsbelange sluit in tafonomie, argeologie, paleontologie en etno-argeologie .
Oorsprong(e) van ritueel lykshuis- en begrafnispraktyke
Oorsprong en evolusie van beengereedskaptegnologie
Mikroskopiese analise van beenoppervlakmodifikasies
San-mense se materiële kultuur, verlede en hede
"Border-grot", 'n midde-Steentydperk terrein opgrawing en analise in KwaZulu-Natal.
Besig om 'n boek te skry met 'n digitale-argief van 'n eeue-oue versameling van tradisionele Boesmankultuur en 'n film van Kalahari Boesmanouderlinge wat in hul eie woorde items beskryf en die gebruik van dié items aantoon, wat nou in MuseuMAfricA vertoon word.
Eksperimentele tafonomie: deurlopende verandering van been deur ongewerweldes in Suid-Afrika.
Eksperimentele tafonomie: verfyning van die funksionele interpretasie van vroeë hominiede se beengereedskap: nuwe eksperimente en tekstuurontledings.
Sydelings studies van moderne soogdierkarkas verandering, skeiding, verspreiding en begrawing in 'n dorre-grasland omgewing in Suid-Afrika.
Beskrywing van die midde-Steentydperk beenartefakte van "Sibudu-grot", Suid-Afrika .[7]
d’Errico, F. & Backwell, L.R. (Eds) 2005. "From Tools to Symbols. From Early Hominids to Modern Humans". Proceedings of a conference in honour of Professor Phillip Tobias. Wits University Press.[8]
Backwell, L.R. 2008. Report on 2005 – 2007 excavations at Wonderkrater, a late Quaternary spring and peat mound site in Limpopo Province, South Africa. Submitted to South African Heritage Resources Agency (SAHRA).
Backwell, L.R. 2008. Report on 2005 – 2007 excavations at Heelbo I, a large mammal mass death assemblage in Free State Province, South Africa. Submitted to South African Heritage Resources Agency (SAHRA).
Backwell, L.R. 2004. Early Hominid Bone Tool Industries. PhD. submitted by publications. University of the Witwatersrand and University of Bordeaux I.
Backwell, L.R. 2000. A Critical Assessment of Southern African “Early Hominid Bone Tools”. Unpublished MSc. University of the Witwatersrand.
2013 'n Sjaman se reis. Die laaste ouderlinge [Le voyage de Kgonta Bo, le chaman].[9] Dokumentêre film vervaardig deur MC4, met die deelname van France Télévisions en Planète Thalassa vir Frankryk 5 Televisie.
2001 Odyssey van die mensdom op Zweites Deutsches Fernsehen.
"Beste 1ste Lektor" deur Wits Universiteit Skool vir Geologiese Geologiese Studentevereniging. (2014)
Tydskrif vir Argeologiese Wetenskap: Top aangehaalde artikel 2007-2011. (2012)
NNS-gradering: C1 (geldig 2012 - 2017). (2011)
Bevorder tot Senior Navorser. (2011)
Gekies "Beste Lektor vir 1ste jaar", deur Wits Geologiese Studentevereniging. (2010)
Gekies "Koelste Lesings vir 1ste jaar", deur Wits Geologiese Studentevereniging. (2010)
Gekies "Beste 1ste-jaar Lektor", deur Wits Geologiese Studentevereniging. (2009)
FEI-prys (Lewenswetenskappe) vir die beste referaat oor elektronmikroskopie wat in 'n internasionale tydskrif gepubliseer is.(2009)
"Science Direct" 6de mees gedrukte papier in die eerste kwartaal vir "Journal of Archeological Science". (2009)
Top 100 Wetenskapstories, Discover Magazine. (2008)
Sertifikaat van Waardering, Lewenswetenskappe Opvoeders, Onderrig en Leer Dienste, Departement van Onderwys, KwaZulu-Natal (2008)
Eerste Suid-Afrikaanse vrou om 'n PhD te behall in Paleoantropologie aan 'n plaaslike instelling. (2004)
Universiteit Nagraadse Plaaslike Merietestudie. (2003)
Universiteitsraad Nagraadse Beurse. (2002)
Universiteit Nagraadse Merietetoekenning. (2002)
S2A3-medalje.: Mees vooraanstaande Meestersgraad in die Fakulteit Natuurwetenskappe vir 2000. (2001)
Top 100 Wetenskapstories "Discover Magazine": "Getuienis van termietvoeding deur Swartkrans vroeë hominiede". Verrigtinge van die Nasionale Akademie van Wetenskappe. (2001)
Universiteitsraad Nagraadse Beurse. (2001)
Nagraadse Merietetoekenning. (2001)
MSc. in Paleoantropologie (cum laude), Universiteit van die Witwatersrand Mediese Skool. (2000)
Nagraadse Plaaslike Merietestudie. (2000)
Universiteit Nagraadse Merietetoekenning. (2000)
Kategorie A-toekenning vir 2000. (200)
"Lystrosaurus Shield": Beste studentepapier wat tydens die 11de Tweejaarlikse Konferensie van die Paleontologiese Vereniging van Suidelike Afrika aangebied word.