Letabarivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Letabariviermap

Die Letabarivier is 'n belangrike takrivier van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.

Kitsfeite Koördinate: 23°59′22″S 31°49′36″O ...
Letabarivier
Thumb
Die Letabarivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Die Letabarivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Stroomgebied Limpopo, Suid-Afrika
Hoofrivier Olifantsrivier
Oorsprong Suid van Soutpansberg
Sytak -links Klein-Letaba, Middel-Letaba
Sytak -regs Groot-Letaba
Monding Olifantsrivier
Thumb
Letabarivier
Koördinate: 23°59′22″S 31°49′36″O
Sluit

Oorsprong

Die voorlope van die Groot-Letabarivier ontspring reeds in Gautengprovinsie, terwyl sommige sytakke van die Klein-Letabarivier hul oorsprong in die Soutpansberge het.

Roete

Die naam Letabarivier word gebruik ná die samevloei van die Klein- en Groot-Letabariviere op die wesgrens van die Krugerwildtuin. Die samevloeiing met die Olifantsrivier is in 'n skilderagtige ruigtekloof oos van Olifantskamp in die Krugerwildtuin. Hierdie area word as 'n wildernisstaproete gebruik deur besoekers aan die park.

Hierna sny die Olifantsrivier deur die Lebomboberge by Olifantskloof en steek die landsgrens oor na Gaza-provinsie, Mosambiek waar dit in die Massingirdam invloei.

Ander sytakke

Middel-Letabarivier, Baderukwe, Letsitelerivier, Matrabowa, Nhlarhweni, Nwanedzi, Molototsi, Nsamarivier en Wanetsispruit.

Die sytakke in die Krugerwildtuin is die Tsendze, Mbyashishi, Klein-Letaba, Kumba, Makhadzi, Ngwenyeni, Hlanganine en Shipikani.[1]

Damme in die Letababekken

Thumb
Wild versamel op die oewer digby Letabakamp in die Krugerwildtuin

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.