Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lauren Bacall, die skuilnaam van Betty Joan Perske (16 September 1924 – 12 Augustus 2014), was 'n Amerikaanse model en aktrise. Bacall was reeds in die 1940's 'n mode-ikoon en was tot haar dood in die filmwese betrokke gewees. Sy was met Humphrey Bogart getroud en het in 'n paar rolprente saam met hom verskyn.[1]
Lauren Bacall | |
Bacall (1976–1979) | |
Geboortenaam | Betty Joan Perske |
---|---|
Geboorte | 16 September 1924 The Bronx |
Sterfte | 12 Augustus 2014 New York Stad |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Aktrise, model |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Bacall is veral bekend as die "leidende dame" in verskeie misdaad-dramas. In die genre verskyn sy in rolprente soos The Big Sleep (1946) en Dark Passage (1947). Sy het as komediant in How to Marry a Millionaire (1953) en Designing Woman (1957) opgetree. In 2005 sluit sy haar loopbaan af met 'n klein rol in Manderlay, 'n film van Lars von Trier.
In 1999 is Bacall deur die American Film Institute as een van die 25 grootste vroulike sterre van alle tye bekroon.
Sy is op 12 Augustus 2014 aan 'n ernstige beroerte by haar huis in New York Stad oorlede.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.