From Wikipedia, the free encyclopedia
Kruger 60 is ’n dubbelster 13,15 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus. Die twee rooidwerge wentel elke 44,6 jaar om mekaar.
Kruger 60 | ||||
Sterrebeeld | Kefeus | |||
Spektraaltipe | M3V/M4V[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Komponent 1 | Kruger 60 A | |||
Regte klimming | 22h 27m 59.4677s[2] | |||
Deklinasie | +57° 41′ 45.150″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 9,59 | |||
Absolute magnitude (M) | 11,76 | |||
Komponent 2 | Kruger 60 B | |||
Regte klimming | 22h 27m 59.568s[2] | |||
Deklinasie | +57° 41′ 45.28″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 11,4 | |||
Absolute magnitude (M) | 13,46 | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | Kruger 60 A | |||
Massa (M☉) | 0,271[3] | |||
Radius (R☉) | 0,35[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,010 | |||
Temperatuur (K) | 3 180 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,04[5] | |||
Komponent 2 | Kruger 60 B | |||
Massa (M☉) | 0,176[3] | |||
Radius (R☉) | 0,24[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,0034 | |||
Temperatuur (K) | 2 890 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Geen/Opvlamster | |||
Ander name | ||||
DO Cephei, HIP 110893, G 232-075, GJ 860 A/B, BD+56° 2783, HD 239960, LHS 3814/3815[6] | ||||
|
Die grootste en dus primêre ster is komponent A en die kleiner ster komponent B. Komponent A het ’n massa van sowat 27% dié van die Son en ’n radius van sowat 35% die Son s’n, en komponent B onderskeidelik 18% en 24%.[3][4] B is ’n opvlamster met die naam DO Cephei.[7] Dit het ’n onreëlmatige opvlamming wat binne ’n tydperk van agt minute min of meer verdubbel en dan terugkeer na normaal.
Die gemidddelde afstand tussen die sterre is 9,5 AE, wat rofweg die afstand tussen die Son en Saturnus is. Hulle eksentrieke wentelbane veroorsaak egter dat die afstand tussen 5,5 en 13,5 AE wissel.
Die stelsel wentel om die Melkweg op ’n afstand van die kern wat wissel tussen 22 en 29 ligjare, met ’n baaneksentrisiteit van 0,126-0,130.[8] Hulle naaste afstand van die Son sal in sowat 88 600 jaar wees, wanneer dit binne 6,3 ligjare van ons af sal wees.[9]
Kruger 60 is deur Dybczyński, Królikowska en Wysoczańska voorgestel as die oorsprong van die interstellêre komeet 2I/Borisov, voorheen bekend as C/2019 Q4 (Borisov).[10] Die skrywers het die komeet se baan teruggespoor en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n miljoen jaar gelede binne 5,7 ligjare van Kruger 60 af verbybeweeg het teen ’n lae snelheid van 3,43 km/s. Toe dié resultate gepubliseer is, is dit beskou as voorlopig, aangesien 2I/Borisov se wentelbaan nog bestudeer word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.