From Wikipedia, the free encyclopedia
Krieket Namibië (Engels: Cricket Namibia, afgekort “CN”) is die bestuursliggaam wat krieket in Namibië beheer. Die beheerliggaam is in 1989 gestig en in Windhoek gesetel. Sedert 1992 verteenwoordig dit Namibië by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en sedert 1997 ook by die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).
Krieket Namibië | |
---|---|
Kenteken van Krieket Namibië | |
Engelse naam | Cricket Namibia |
Afkorting | CN |
Land | Namibië |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1989 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1992 |
Vastelandse beheerliggaam | Afrikakrieketvereniging |
President | Rudie van Vuuren |
Hoof- uitvoerende beampte | Peter Forster |
Setel | Windhoek, Namibië |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | cricketnamibia.com |
Teen 1930 is die Suidwes-Afrikaanse Krieketunie (Engels: South West Africa Cricket Union, SWACU) gestig en het wedstryde begin reël. Krieket Namibië is in 1989 gestig[1] en verteenwoordig sedert 1992 Namibië as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad.[2] Daarbenewens was die Namibiese beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Afrikakrieketvereniging.[3]
Krieket Namibië organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Namibië se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Arende), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Namibië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Namibiese span.
Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Namibië.[4] Net soos ander krieketlande beskik Namibië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[5]
Die huisvesting van internasionale toernooie is ook een van hul take. Saam met Suid-Afrika en Zimbabwe sal Namibië die Krieketwêreldbeker 2027 aanbied.[6]
Krieket Namibië se kenteken toon ’n rooi krieketbal voor twee geboë blou lyne, terwyl die Namibiese nasionale krieketspan se kenteken ’n in blou gestiliseerde visarend met die belettering NAMIBIA daarbo toon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.