From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Koninklike Thaise Weermag (Thai: กองทัพไทย; Kong Thap Thai) is die naam van die weermag van die Koninkryk Thailand. Dit bestaan uit die volgende takke:
Koninklike Thaise Weermag | |
---|---|
Seël van die Koninklike Thaise Weermag | |
Land | Thailand |
Tipe | Gewapende Magte |
Hoofkwartier | Bangkok |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog (1917–1918) Tweede Wêreldoorlog (1941–1945) Koue Oorlog (1945–1991) Korea-oorlog (1950–1953) Viëtnamoorlog (1959–1975) Golfoorlog (1990–1991) Irakse Oorlog |
Die Hoof van die Thai Weermag (จอมทัพไทย; RTGS: Chom Thap Thai) is die koning van Thailand, maar hierdie posisie is slegs simbolies. Die gewapende magte word oënskynlik bestuur deur die Ministerie van Verdediging van Thailand, wat gelei word deur die minister van verdediging ('n lid van die Kabinet van Thailand) en onder bevel van die Koninklike Thaise Weermag se hoofkantoor, wat op sy beurt onder leiding van die Hoof van die Verdedigingsmag van Thailand staan. Die opperbevelvoerder van die Koninklike Thaise Leër word beskou as die magtigste posisie in die Koninklike Thaise Weermag.
Die Koninklike Thaise Weermagdag word op 18 Januarie gevier ter herdenking van die oorwinning van koning Naresuan die Grote in die stryd teen die kroonprins van Birma in 1593.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.