Kokborok

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kokborok (Kókborok, Tripuri, Tipra) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1 miljoen mense in Noordoos-Indië en Bangladesj gepraat word. Die naam is afgelei van kok ("verbaal") en borok ("volk" of "mense"). Kokborok word met die Bengaalse skrif, die Latynse alfabet of die oorspronklike Koloma-skrif geskryf. Dit vorm saam met Bengaals en Engels die amptelike tale van die Indiese deelstate Tripura en Wes-Bengale. Daarbenewens word Kokborok in die aangrensende Indiese deelstaat Mizoram gepraat. Dit is verwant aan Bodo, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Assam, en aan Garo, wat geen amptelike status geniet nie.

 

Kitsfeite Kokborok Kókborok, Tripuri, Tipra, Amptelike status ...
Kokborok
Kókborok, Tripuri, Tipra
Gepraat in:  Indië
 Bangladesj 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 1 miljoen[1]
Taalfamilie: Sino-Tibettaans
 Tibeto-Birmaans
  Brahmaputra
   Bodo-Garo
    Kokborok 
Skrifstelsel: Bengaalse skrif
Latynse alfabet
Koloma 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Indië
Gereguleer deur: geen
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: onderskeidelik:
trp  Kokborok
ria  Reang
tpe  Tripuri
usi  Usui
xtr  Vroeë Tripuri
Sluit

Verwysings

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.