Hedera, beter bekend as klimop (Engels: ivy), is ’n genus van 12 tot 15 spesies immergroen rankplante in die familie Araliaceae, wat inheems is aan Wes-, Sentraal- en Suid-Europa, Makaronesië, Noordwes-Afrika en oor Sentraalsuid-Asië oos tot Japan en Taiwan.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Hedera
Thumb
Hedera helix.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Rosidae
Orde:
Apiales
Familie:
Subfamilie:
Aralioideae
Tribus:
Schefflerieae
Genus:
Hedera

L.
Sluit

Eienskappe

Thumb
Die blomme se nektar lok bye en ander insekte.

Op die grond is die klimop ’n dekplant wat nie hoër as 5 tot 20 cm hoog word nie. Teen oppervlakke soos mure, bome, en rotse kan hulle rank tot minstens 30 meter bo die grond. Klimoppe kan twee vorms blare hê: gelobde jong blare aan kruipende of klimmende plante en ongelobde, ouer blare aan plante wat in volle sonlig staan en hoog bo die grond uitgroei.

Die blomme is groenerig-geel en het vyf kroonblare. Hulle is ryk aan nektar. Die vrugte is groenerig-swart, donkerpers of soms geel bessies van 5 tot 10 mm breed met een tot vyf sade wat in die laat winter tot middel lente ryp word. Die sade word deur voëls versprei.

Spesies

Die verskillende spesies se blare verskil van vorm en grootte, en sommige se vrugte lyk ook anders. Die volgende spesies word algemeen aanvaar; hulle word in twee groepe verdeel, na gelang van of die trigome aan die onderkant van die blare skub- of stervormig is:[1][2][3]

  • Skubvormige trigome
    • Hedera algeriensis
    • Hedera canariensis
    • Hedera colchica
    • Hedera cypria
    • Hedera iberica
    • Hedera maderensis
    • Hedera maroccana
    • Hedera nepalensis
    • Hedera pastuchowii
    • Hedera rhombea
  • Stervormige trigome
    • Hedera azorica
    • Hedera helix
    • Hedera hibernica

Die enigste hibried waarby klimoppe betrokke is, is die intergenetiese hibried × Fatshedera lizei, ’n kruising tussen Fatsia japonica en Hedera hibernica. Dit is in 1910 in Frankryk bekend gestel, en is nog nie weer suksesvol herhaal nie; dit word in omloop gehou deur vegetatiewe (aseksueel) voortplanting.[4][5]

Probleme

Sommige klimopspesies het indringerplante geword in sekere gebiede soos dele van Noord-Amerika[6] en Australië.[7]

Die bessies is effens giftig vir die mens, maar hulle is baie bitter en vergiftiging kom dus selde voor. Die blare kan ’n allergiese reaksie veroorsaak by sommige mense wat ook vir onder meer wortels allergies is.

Die blare kan dof word as dit te veel sonlig kry en swart van te veel water. Rooimyte, blaaspootjies, plantluise, dopluise en roetskimmel kan voorkom.[8]

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.