From Wikipedia, the free encyclopedia
Kitalpha (ook bekend as Alpha Equulei of α Equ) is die helderste ster in die sterrebeeld Vul (Equuleus). Dit is 190 ligjare van die Son af.
Kitalpha
| ||||
Kitalpha se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Vul | |||
Bayer-naam | Alpha Equulei | |||
Spektraaltipe | G7III + kA3hA4mA9[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 15m 49.43192s[2] | |||
Deklinasie | +5° 14′ 52.2430″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,919[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,17 (0,71 + 1,18)[1] | |||
B-V-kleurindeks | +0,529[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,284[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | A: 2,3[1] B: 2[1] | |||
Radius (R☉) | A: 9,2[1] B: 2,6[1] | |||
Ligsterkte (L☉) | A: 52,5[1] B: 26,3[1] | |||
Ouderdom (jaar) | B: 740 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | A: 5 100[1] B: 8 150[1] | |||
Rotasiespoed (km/s) | A: 20[4] | |||
Ander name | ||||
8 Equulei, HR 8131, HD 202447, BD +04 4635, HIP 104987, SAO 126662, FK5 800, GC 29735 | ||||
|
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Equulei" en sy Flamsteed-naam "8 Equulei". Die tradisionele naam, "Kitalpha", kom van die Arabiese قطعة الفرس qiṭ‘a(t) al-faras, "’n deel van die perd".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Kitalpha" vir die ster goedgekeur[5]
Die gesamentlike klassifikasie van α Equ is ’n G-tipe reusester[6] met ’n skynbare magnitude van 3,92, maar dit is ’n dubbelster. Die primêre komponent is ’n G7-reus wat ’n ligsterkte van sowat 50 keer dié van die Son het. Sy oppervlaktemperatuur is 5 100 K en sy radius 9,2 keer die Son s’n.
Die sekondêre ster is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n ligsterkte van sowat 26 keer die Son s'n. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 8 150 K en ’n radius van 2,6 sonradiusse. Dit is ’n chemies buitengewone Am-ster.[1]
Die twee sterre wentel elke 988 dae in ’n sirkulêre wentelbaan om mekaar. Volgens hulle wentelsnelhede is hulle massas onderskeidelik 2,3 en 2 sonmassas.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.