Ster met vyf planete From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-62 is ’n Klas K-ster (effens koeler en kleiner as die Son) in die sterrebeeld Lier. Dit is sowat 1 200 ligjare van die Aarde af. Dit lê in die sigveld van die Kepler-ruimteteleskoop, die Nasa-satelliet wat sterre waarneem wat moontlik planete kan hê. Op 18 April 2013 is aangekondig dat die ster vyf eksoplanete het, waarvan twee (Kepler-62e en Kepler-62f) moontlik soliede planete in die bewoonbare sone van die ster is.[1][3]
Kepler-62 | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler-62f (voor) en Kepler-62e (regs), twee eksoplanete in die bewoonbare sone van die ster Kepler-62 (middel). Bron: Nasa Ames/JPL-Caltech | ||||
Sterrebeeld | Lier | |||
Spektraaltipe | K2V[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 52m 51.060s[2] | |||
Deklinasie | +45° 20′ 59.507″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,75[1] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,69 ± 0,02[1] | |||
Radius (R☉) | 0,64 ± 0,02[1] | |||
Ouderdom (jaar) | 7 miljard[1] | |||
Temperatuur (K) | 4 925 ± 70[1] | |||
Afstand (ligjaar) | ~1 200 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 5 | |||
Ander name | ||||
KIC 9002278, KOI 701 | ||||
|
Voordat die ster deur Kepler waargeneem is, het dit die 2MASS-katalogusnommer 2MASS J18525105+4520595 gehad. In die Kepler Input Catalog was sy naam KIC 9002278 en toe ontdek is dat dit moontlik planete het, het dit die KOI-naam KOI 701 gekry.
Die letters wat agteraan ’n ster se naam gevoeg word om sy planete name te gee, loop gewoonlik vanaf "b" in die volgorde van ontdekking. In Kepler-62 se geval is al die planete tegelykertyd ontdek en die naam "b" is toe gegee aan die planeet wat die naaste aan die ster is, gevolg deur "c" tot "f".[1]
Kepler-62 is ’n Klas K-ster waarvan die massa sowat 69% dié van die Son is en die radius 64%. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 4 925 ± 70 K en dit is sowat 7 miljard jaar oud.[1] Die Son is sowat 4,6 miljard jaar oud[4] en het ’n oppervlaktemperatuur van 5 778 K.[5]
Die ster se skynbare magnitude (soos dit van die Aarde af lyk) is 13,75 en dit is dus te dof om met die blote oog te sien.
Al vyf bevestigde planete se wentelbaan loop voor die ster verby soos vanaf die Aarde gesien. Hul radiusse is tussen 0,54 en 1,95 aardradiusse. Die planete "e" en "f" is waarskynlik soliede planete wat in die ster se bewoonbare sone lê.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | <9 M⊕ | 0,0553 ± 0,0005 | 5,714932 ± 0,000009 | — | — | 1,31 ± 0,04 R⊕ |
c | <4 M⊕ | 0,0929 ± 0,0009 | 12,4417 ± 0,00001 | — | — | 0,54 ± 0,03 R⊕ |
d | <14 M⊕ | 0,120 ± 0,001 | 18,16406 ± 0,00002 | — | — | 1,95 ± 0,07 R⊕ |
e | <36 M⊕ | 0,427 ± 0,004 | 122,3874 ± 0,0008 | — | — | 1,61 ± 0,05 R⊕ |
f | <35 M⊕ | 0,718 ± 0,007 | 267,291 ± 0,005 | — | — | 1,41 ± 0,07 R⊕ |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.