From Wikipedia, the free encyclopedia
Die keisergans (Anser canagica) is 'n gans wat in Alaska en Siberië voorkom.
Keisergans | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. canagica |
Binomiale naam | |
Anser canagica (Sevastianov, 1802) | |
Sinonieme | |
Chen canagica |
Die wetenskaplike klassifisering van hierdie gans word tans betwis: sommige wetenskaplikes plaas dit onder die genus Chen, terwyl ander weer Anser verkies.
Beide geslagte het 'n identiese veredos, met 'n kenmerkende wit kop en agternek, met 'n donker grys hals en lyf. Die vere kan soms roesbruin voorkom, as gevolg van al die yster in die waters van hul verspreidingsgebied. Keiserganse is oor die algemeen nie aggressief nie en kan ook in groepe met ander watervoëls aangehou word.
Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit waterplante soos alge en gras, maar hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Keiserganse broei tussen Oktober en Januarie. Die nes word op die grond naby die water gebou, tussen gras of plante wat dit goed wegsteek. Die nes word met dons en vere uitgevoer. Die wyfie lê twee tot agt roomwit eiers wat na 24 tot 27 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.