From Wikipedia, the free encyclopedia
Anser (ook bekend as Alpha Vulpeculae of α Vul) is die helderste ster in die sterrebeeld Vos (Vulpecula) en is sowat 297 ligjare van die Son af. Dit vorm ’n optiese dubbelster met 8 Vulpeculae.[7]
Anser
| ||||
Anser se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Vos | |||
Bayer-naam | Alpha Vulpeculae | |||
Spektraaltipe | M1 III[1] | |||
Soort | Rooireus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 28m 42.330s[2] | |||
Deklinasie | +24° 39′ 53.65″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,4[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,36[4] | |||
B-V-kleurindeks | 1.487[5] | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 42[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 400[5] | |||
Temperatuur (K) | 3 990[5] | |||
Afstand (ligjaar) | 297 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 4,6[5] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | 1,81[3] | |||
Ander name | ||||
α Vul, F 6 Vulpeculae, BD+24°3759, FK5 1508, HD 183439, HIP 95771, HR 7405, SAO 87261, CCDM J19288+2442A, IDS 19245+2427 A, WDS J19287+2440A[6] | ||||
|
Dit is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M1, wat beteken dit het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer. Dit het ’n skynbare magnitude van 4,4.
Anser is waarskynlik lid van die Arcturus-stroom, ’n groep sterre met ’n hoë eiebeweging wat arm aan metale is en vermoedelik oorblyfsels is van ’n klein sterrestelsel wat deur die Melkweg opgeneem is.[8]
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Vulpeculae". Die tradisionele naam, "Anser", kom van die tyd toe die sterrebeeld se naam nog "Vulpecula cum Ansere" ("die klein vos met die gans") was.[9]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[10] dié naam vir die ster goedgekeur.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.