Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kartago (ook: Carthago, Kartage, van Latyn: Carthago, uit Punies: Qart-Hadasht: nuwe stad) was in die eerste millennium v.C. 'n belangrike stad aan die kus van die huidige Tunisië. Die stad was die grootste teenstander van die Romeinse Republiek en is ná die Derde Puniese Oorlog in 146 v.C. volledig vernietig.
Kartago* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Ruïnes van die Antoninus Pius-badkamers | |
|
|
Koördinate: 36°51′11″N 10°19′23″O | |
Lande | Tunisië |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | ii, iii, vi |
Verwysings | 37 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1979 (3de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Kartago is deur die Fenisiërs gestig en tradisioneel geld 814 v.C. as die stad se stigtingsdatum. Volgens Philo van Bublos wat in die 2de eeu ná Christus gelewe het – duisend jaar later – het hy annale van die Tyriese koning Mattan I gesien, wat sê dat hierdie koning sy troon aan sy elfjarige seun Pygmalion nagelaat het. Dit sou vir Pygmalion se suster Elissa die aanleiding gewees het om na die weste te vlug en in 814 v.C. die stad Kartago te stig. In argeologiese opgrawings is 'n hanger gevind met die name van Pygmalion en Astarte in die graf van Yada'milk en mense het aanvanklik geglo dat hy een van die oorspronklike stigters van die stad was. Ongelukkig is daarna gevind dat Yada'milk drie eeue later gelewe het. Daar is argeologies min bekend oor die vroegste tye van die stad en niks ouer as 760 v.C. is gevind nie.[1]
Rome en Kartago het mekaar in drie oorloë, wat die Puniese Oorloë genoem word, die stryd aangesê:
Die naam Punies kom van die Latynse woord Poeni wat Fenisiërs of Kartagers beteken. Punies is ook die naam van die Semitiese taal wat die Poeni gespreek het. Hierdie taal was nou verwant aan Hebreeus.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.