From Wikipedia, the free encyclopedia
Karel I uit die dinastie Habsburg, volle naam Karl I Franz Joseph Ludwig Hubert Georg Maria (* 17 Augustus 1887 in Neder-Oostenryk, Oostenryk; † 1 April 1922 in Funchal, Madeiraeilande, Portugal), was keiser van Oostenryk, koning van Hongarye (as Karel IV, Hongaars: IV. Károly), koning van Kroasië, koning van Bohemië (as Karel III, Tsjeggies: Karel III.), en die laaste van die monarge wat aan die Huis van Habsburg behoort, wat oor Oostenryk-Hongarye regeer het.
Karel I | |
---|---|
Keiser van Oostenryk Koning van Hongarye Koning van Boheme Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië | |
Karel I | |
Vorstehuis | Habsburg |
Titels | Keiser van Oostenryk Koning van Hongarye Koning van Boheme Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië |
Regeer | 21 November 1916 – 11 November 1918 |
Voorganger | Frans Josef I |
Monargie afgeskaf | Karl Seitz |
Volle naam | Karl I Franz Joseph Ludwig Hubert Georg Maria |
Gebore | 17 Augustus 1887; Neder-Oostenryk, Oostenryk |
Oorlede | 1 April 1922; Funchal, Madeiraeilande, Portugal |
Eggenoot | Zita |
Kinders | Otto Adelheid Robert Felix Friedrich Carl Ludwig Rudolph Syringus Charlotte Elisabeth Charlotte |
Vader | Otto Frans Josef |
Moeder | Maria Josepha Luise |
Karel I was die kleinseun van Karel Lodewyk en die seun van Otto Frans Josef. By sy kroning in 1916 was Oostenryk-Hongarye van 1914 af in die Eerste Wêreldoorlog met die Duitse Keiserryk, die Koninkryk Bulgarye en die Ottomaanse Ryk teen Frankryk, die Russiese Ryk, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State betrokke.
Ná die oorwinning deur die Geallieerdes in die Eerste Wêreldoorlog het hy op 11 November 1918 die vrywillige uittrede as heerser en dié van sy seun as troonopvolger aangekondig. Karel I het Oostenryk via Switserland, Hongarye, die Swartsee en Gibraltar verlaat vir Madeira. Hier het hy tot en met sy afsterwe in 1922 in Funchal gewoon.
Op 3 Oktober 2004 het pous Johannes Paulus II Karel I as eerwaardig in die Rooms-Katolieke Kerk verklaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.