Kanferboom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kanferboom (Cinnamomum camphora) is 'n boom wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het.
Kanferboom | |
---|---|
![]() | |
'n Ou kanferboom in Japan (geskatte ouderdom: ouer as 1 000 jaar) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Magnoliids |
Orde: | Laurales |
Familie: | Lauraceae |
Genus: | Cinnamomum |
Spesie: | C. camphora |
Binomiale naam | |
Cinnamomum camphora (L.) J.Presl. | |
Cinnamomum camphora is afkomstig van China suid van die Yangtzerivier, Taiwan, suidelike Japan, Korea en Viëtnam, maar is ook in baie lande gevestig.[1] In Suid-Afrika word die boom aangetref vanaf Port St. Johns, langs die Wildekus, tot in Mpumalanga.
Status
Hierdie boom is 'n indringerplant in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Nasionale Erfenisbome, Nasionale Monumentbome en Kampioenbome, soos dié by Vergelegen-wynlandgoed en by die Cellars-Hohenort Hotel in Constantia, word egter in terme van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999) en die Nasionale Bosbouwet van 1998 van indringerstatus vrygestel.[2]
Identifikasie
Die kanferboom is 'n groot immergroen boom wat 20–30 m hoog kan groei.[1] Die blare het 'n blink, wasagtige voorkoms en ruik na kanfer indien gekneus word. In die lente dra die boom heldergroen blare met massas klein wit blommetjies. Dit produseer swart trosse bessie-agtige vrugte van ongeveer 10 mm in diameter. Die boom het 'n vaal, growwe bas.
Fotogalery
- Reuse ou kanferbome in Hongkong
- Botaniese tuine in Adelaide, Suid-Australië
- Kanfer laurel in drag
- Stam
- Blare
- Verkleurde blaar
- Loof
Sien ook
Bron
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.