From Wikipedia, the free encyclopedia
John le Carré, skuilnaam van David John Moore Cornwell (Poole, 19 Oktober 1931 - Truro, 12 Desember 2020) was 'n Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale.
John le Carré | |
---|---|
Le Carré in 2008 | |
Gebore | David John Moore Cornwell 19 Oktober 1931 |
Sterf | 12 Desember 2020 Truro, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Lincoln College, Universiteit van Oxford |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | The Spy Who Came in from the Cold Tinker Tailor Soldier Spy The Honourable Schoolboy Smiley's People A Perfect Spy The Night Manager The Constant Gardener The Little Drummer Girl |
Eggenoot | Alison Sharp Valerie Eustace |
Kinders | 4 |
Webwerf | http://www.johnlecarre.com |
Gedurende sy studie van Duits vir een jaar aan die Universiteit van Bern, het Le Carré belangstelling in vreemde tale ontwikkel. Daarna studeer hy moderne tale aan die Lincoln College, Universiteit van Oxford. Nadat hy gegradueer het, het hy twee jaar klas gegee aan die Eton College, toe aansoek gedoen by die Britse buitelandse diens en later by MI6, wat hom tussen 1959 en 1964 in Bonn en Hamburg, Wes-Duitsland, gestasioneer het. By sy eerste vrou het hy drie seuns gehad, en uit sy tweede huwelik is 'n ander seun gebore.
In Februarie 2011 besluit hy dat sy argief na sy dood aan die Bodleian-biblioteek in Oxford geskenk moet word, want "Oxford is die inspirasie vir Smiley."
Na 'n kort siekbed is Le Carré in Desember 2020 in die ouderdom van 89 oorlede.
John le Carré was die skrywer van baie rillers uit die Koue Oorlog-tydperk. Twee van sy boeke is deur die BBC in televisiereekse verwerk. Na die val van die Berlynse Muur het hy ook geskryf oor nuwe onderwerpe soos die stryd teen terrorisme en oor multinasionale ondernemings.
Sy skryfstyl was op 'n manier kritiek op die talle en suksesvolle James Bond-boeke. Dit is veral sigbaar in die uitwerking van die protagoniste. Die hoofkarakters is dikwels meer realisties en minder heldhaftig, wat sy boeke ook meer geloofwaardig maak. Die protagonis kry 'n meer menslike gesig, juis omdat hy ook foute maak en identifisering met die leser daarom vergemaklik. Sy werke kritiseer ook dikwels die manier waarop spioenasie gedoen word, dat dit dikwels ten koste gaan van die mense in die veld. Verder word die cliché van goed teenoor sleg ook verwerp, aangesien die goeie in werklikheid slegs is wat 'n mens glo goed is. Dit verskil tussen die twee opponerende partye (gewoonlik die Weste en die Sowjetunie). 'n Verdere verband met die menslikheid van die karakters kan gevind word op die manier waarop hulle gedwing word om keuses te maak tussen goed en sleg, en hoe dit hulle (en die leser) laat dink.
2020 - Olof Palme-prys 2019. Hy skenk die bedrag geld wat met die prys geassosieer word, aan Médecins Sans Frontières.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.