Johann Bayer (15727 Maart 1625) was ’n Duitse regsgeleerde en sterrekundige. Hy is in 1572 in Rain, Beiere, gebore. Twee dekades later het hy filosofie en regte in Ingolstadt studeer.

Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Johann Bayer
Gebore 1572
Rain, Beiere
Oorlede 7 Maart 1625
Augsburg
Burgerskap Heilige Romeinse Ryk
Vakgebied Sterrekunde, regsleer
Alma mater Universiteit van Ingolstadt
Bekend vir Uranometria
Sluit

Loopbaan

Thumb
Die gravure in Bayer se steratlas, Uranometria, van die sterrebeeld Jagter.
Bron: VSA-vlootsterrewag-biblioteek

Bayer het ná sy studies in Augsburg as ’n regsgeleerde begin werk.[1] Hy het verskeie belangstellings buite sy werk gehad, onder meer argeologie en wiskunde. Hy is egter veral bekend vir sy werk in sterrekunde, in besonder die bepaling van hemelliggame se posisie.

Bayer is die bekendste vir sy steratlas, Uranometria, wat die eerste keer in 1603 in Augsburg gepubliseer is.[2] Dit was die eerste atlas wat die hele lugruim gedek het.[3] In die atlas is ’n nuwe benamingstelsel, die Bayer-name vir sterre, bekend gestel.[4] Hy het ook 12 nuwe sterrebeelde in die atlas gelys wat onbekend was aan die Antieke Grieke en Romeine.[3]

In 1612 het hy die regsadviseur van die Augsburgse stadsraad geword. Hy is in 1625 oorlede; hy het nooit getrou nie.[2] Die krater Bayer op die maan is na hom genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.