From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacques du Toit (* 19 November 1993, Bloemfontein) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op haker speel.
| |||||
Volle naam | Ockert Jacobus Jacques du Toit | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 19 November 1993 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,84 m | ||||
Massa | 103 kg | ||||
Skool | Grey-kollege, Bloemfontein | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Haker | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2014 2013– |
Vrystaat Shimlas |
12 | (10) | ||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014– | Vrystaat | 14 | (0) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016– | Cheetahs | 4 | (5) | ||
In 2011 is Du Toit gekies vir die Vrystaatse o/18 Cravenweekspan wat in Kimberley meegeding het. Hy was in twee wedstryde in die beginspan en die Vrystaat is as nie-amptelike wenners van die toernooi aangewys nadat hulle die Goue Leeus met 28–17 in die hoofwedstryd geklop het.[1]
Na sy hoërskoolloopbaan hy Du Toit hom by die Vrystaat Cheetahs Akademie aan die Universiteit van die Vrystaat aangesluit en was hy die eerstekeuse haker vir die Vrystaatse o/19-span gedurende die 2012 O/19 Provinsiale Kampioenskap waar hy in tien wedstryde in die beginspan was en ’n drie gedruk het in die span se wedstryd teen die SWD Arende.[2]
In 2012 is hy gekies vir die Shimlaspan in die Varsitybekerkompetisie en het hy in een wedstryd teen Wits gespeel.[3]
Daarna is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse nasionale o/20-span wat in Frankryk aan die 2013 IRR Juniorwêreldkampioenskap deelgeneem het. Het het in dieselfde jaar vir die Vrystaatse o/21-span in die O/21 Provinsiale Kampioenskap gespeel en het ’n drie gedruk in hulle wedstryd teen die Luiperds.
In 2014 het hy weer vir die Shimlas gespeel, hierdie keer in sewe wedstryde. Hierna is hy opgetrek na die Vodacombekerspan van die Vrystaat vir die 2014-seisoen. Hy het sy eersterangse debuut teen die Keniaanse uitnodigingspan, Simba XV, wat die Vrystaters met 77-10 gewen het.[4] Hy het ook in 2014 se O/21 Provinsiale Kampioenskap vir die Vrystaat uitgedraf.
Teen die einde van die 2015 Varsitybekerkompetisie het Du Toit weer vir die Shimlas gespeel en was onder meer plaasvervanger in die eindstryd wat die Shimlas met 63-33 teen die NWU Pukke gewen het vir hul eerste titel in die toernooi.[5] Daarna het hy weer vir die Vrystaatse Vodacombekerspan gespeel.
Du Toit is by die Vrystaat Cheetahs se Curriebekerspan vir die 2015-seisoen ingesluit.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.