Iwanowo-oblast

federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia

Iwanowo-oblastmap

Iwanowo-oblast (Russies: Ива́новская о́бласть, Iwanowofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Iwanowo. Dit het in 2010 ’n bevolking van 1 061 651 gehad.[2]

Kitsfeite
Iwanowo-oblast
Ивановская область
Thumb
Die ligging van Iwanowo-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikSentrale
Ekonomiese streekSentrale
Stigting11 Maart 1936
Regering
HoofstadIwanowo
LeierPawel Konkof[1]
AmpGoewerneur
WetgewerOblast-doema
Bevolking
Sensus2010
Totaal1 061 651
Volgorde49ste
Digtheid48,7/km²
Stedelik80,9%
Plattelands19,1%
Statistiek
Oppervlakte767 900 km²
Volgorde73ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer37
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.ivanovoobl.ru/
Wapen en vlag
Thumb
Thumb
Portaal    Rusland
Sluit

Die Wolgarivier vloei deur die noordelike deel van die gebied.

Geskiedenis

Iwanowo-nywerheidsoblast (Ива́новская промы́шленная о́бласть) is op 14 Januarie 1929 gestig. Op 11 Maart 1936 het dié gebied die moderne Iwanowo-oblast geword, terwyl dele van die provinsie geskei is en die Jaroslawl-oblast gevorm het.

Geografie

Die oblast grens in die noorde aan Kostroma-oblast, in die ooste aan Nizjni Nowgorod-oblast, in die suide aan Wladimir-oblast en in die weste aan Jaroslawl-oblast.

Die klimaat is kontinentaal, met lang en koue winters en kort en warm somers. Die koudste maand is Januarie (gemiddeld -12 ºC in die weste en -13 ºC in die ooste). Die warmste maand is Julie (gemiddeld sowat 18 ºC).

Demografie

Bevolking: 1 061 651[2]

Etniese samestelling:[2]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.