Die Iere (Engels: Irish of Irish people, Iers-Gaelies: Muintir na hÉireann of Na hÉireannaigh) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Ierland en die omliggende eilande. Volgens argeologiese studies is Ierland sedert sowat 9 000 jaar bewoon. Vir die grootste deel van die geskiedenis van Ierland het die Iere hoofsaaklik 'n Gaeliese volk gevorm. Anglo-Noormanne het dele van Ierland in die 12de eeu verower, terwyl na die Engelse (her)verowering en kolonisering van Ierland in die 16de en 17de eeue 'n groot aantal Engelse en Laeland-Skotte op dele van die eiland gevestig het, veral in Noord-Ierland, waar hulle 'n afsonderlike en aparte etniese groep vorm.

Thumb
Die Ierse diaspora wêreldwyd:

 Ierland en Noord-Ierland

 +1 000 000

 +100 000

 +10 000

 +1 000

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Iers-Gaelies.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Iere





Totale bevolking: ca. 70–80 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 36 miljoen[2]

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 14 miljoen[3][4]

Vlag van Australië Australië 7 miljoen[5]
Flag of Ireland Ierland 5,15 miljoen
Vlag van Kanada Kanada 4,6 miljoen[6]
Vlag van Meksiko Meksiko 600 000[7]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 600 000[8]
Vlag van Argentinië Argentinië 500 000[9]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 330 000
Vlag van Chili Chili 120 000[10]
Vlag van Brasilië Brasilië 100 000[11][12]
Vlag van Duitsland Duitsland 35 000[13]
Vlag van Frankryk Frankryk ~24 000[14]

Taal: Iers, Engels (Hiberno-Engelse dialekte), Ulster-Skots, Shelta
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Christendom (Meerderheid Rooms-Katolieke; minderheid Protestantisme, veral Presbiterianisme, Anglikanisme, Metodisme)
Verwante etniese groepe: Ander Keltiese volke soos Bretonners, Korniese, Skotte en Walliesers; Anglo-Iere, Engelse, Pavee, Yslanders[15] en Wikings
Sluit

Deur die geskiedenis heen het baie bekende Ierse mense verskyn. Die 6de eeuse Ierse monnik en sendeling Columbanus word as een van die "vaders van Europa" beskou,[16] gevolg deur Kilianus en Virgilius van Salzburg. Die wetenskaplike Robert Boyle word as die "vader van chemie" beskou. Bekende Ierse ontdekkingsreisigers sluit in Brendan, Robert McClure, Ernest Shackleton en Tom Crean. Volgens sommige berigte was die eerste Europese kind wat in Noord-Amerika gebore is aan beide kante van Ierse afkoms[17] en 'n Ier was die eerste Europeër wat sy voet op Amerikaanse bodem gesit het tydens Columbus se ekspedisie van 1492.[18]

Ierland het 'n bevolking van sowat 5,7 miljoen, maar dit word beraam dat sowat 70 tot 80 miljoen mense wêreldwyd Ierse voorouers het. Histories gesien was emigrasie van Ierland die gevolg van konflikte, hongersnood en ekonomiese kwessies. Mense van Ierse afkoms het hoofsaaklik in Engelssprekende lande, veral die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is ook 'n beduidende aantal in Argentinië en Meksiko. Die Verenigde State het die meeste mense van Ierse afkoms, terwyl Australië 'n hoër persentasie van mense met Ierse afkoms as enige ander land het.[19] Baie Yslanders het Ierse en Skots-Gaeliese voorouers.[20]

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.