Hops
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hop (Humulus lupulus) is 'n meerjarige klimplant, waarvan die vroulike bloeiwyse vir die voorbereiding van bier gebruik word om dit 'n bitter, dog aangename smaak te gee. Hop is inheems aan Europa, Wes-Asië en Noord-Amerika. In Suid-Afrika word op plase rondom George gekweek.
Hop | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Humulus |
Spesie: | H. lupulus |
Binomiale naam | |
Humulus lupulus | |
Outeniqua-hop
Hops word in Suid-Afrika veral in Outeniekwaland gekweek en daar bestaan 'n eie hopvariëteit wat Outeniqua-hops genoem word en afstam van die Atlas-variëteit en 'n wilde voorouer uit Joego-Slawië. Outeniqua-hop het 'n hoë gehalte alfasure van 12-13,5%.[1]
Fotogalery
- 'n Opgeleide stingel
- Vroulike bloeiwyse
- Manlike plant
- Manlike plant
Let Wel
Die korrekte benaming vir hierdie plant in Afrikaans is hop en nie hops nie.
Bron
- Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor-Uitgewery. 1981. ISBN 0-628-00138-X
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hops.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Hops
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.