Hofmeyr is 'n dorpie in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Hierdie artikel handel oor die dorp in Oos-Kaap, Suid-Afrika. Vir die Afrikaanse van, sien Hofmeyr (van).
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Hofmeyr
Thumb
Geboue in Hofmeyr se hoofstraat, oorkant die NG kerk.
Thumb
Hofmeyr
Hofmeyr
 Hofmeyr se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°38′0″S 25°48′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikChris Hani
MunisipaliteitEnoch Mgijima
Stigting1873
Regering
  TipeDeel van Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
  Totaal16,9 km2 (6,5 vk. myl)
Hoogte
1 252 m (4 108 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal3 680
  Digtheid218/km2 (560/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense3.2%
  Indiërs/Asiërs0.4%
  Bruin mense15.8%
  Swart mense80.3%
  Ander0.2%
Taal (2011)
  Xhosa 78.3%
  Afrikaans 18.2%
  Engels 1.5%
  Ander 2.0%
Poskode (strate)
5930
Poskode (posbusse)
5930
Skakelkode048
Sluit
Thumb
Hofmeyr se stadsaal, opgerig in 1902.
Thumb
Die kerkgebou van die NG gemeente Hofmeyr.
Thumb
Die stadsaal, 'n drankwinkel en die landdroskantoor.

Geskiedenis

Omstreeks 1870 het ene Daniel Marais op 'n plaas op die grense van die distrikte Cradock en Albert (met sy middelpunt Burgersdorp) gewoon. Dié twee dorpe is sowat 160 km uitmekaar. In die uitvoering van sy pligte as diaken van die NG gemeente Burgersdorp, het hy ontdek dat daar in sy omgewing jong mense was van 14 tot 16 jaar wat nog nooit die binnekant van 'n kerk of skool gesien het nie.

Hy het gevolglik besluit dat dié toestand nie langer kon voortduur nie en omdat die mense nie tot die ver verwyderde dorpe gebring kon word nie, het hy tot die oortuiging gekom dat die kerk en skool na die mense gebring moes word. 'n Gedeelte van die plaas Droefontein wat aan 'n welgestelde boer Gert Hendrik Petrus de Bruin behoort het, is daarna aangekoop en die dorp Maraisburg in 1873 daarop aangelê. Hierdie einste GHP de Bruin was later op 'n stadium die voorsitter van die Maraisburg munisipaliteit.

Die NG gemeente Maraisburg het in 1876 gevolg. Om verwarring met Maraisburg in Gauteng te voorkom, is die naam van die dorpie in 1913 na Hofmeyr verander ter ere van Jan Hendrik Hofmeyr ook bekend as 'Onze Jan'.[2] Die gemeente se naam is eers laat in die dekade ná 1970 na Hofmeyr verander, ter wille van eenvormigheid.

Daar was egter nooit verwarring oor die naam nie, aangesien die NG gemeente in Maraisburg, Gauteng, Kriel geheet het, maar jare gelede reeds by die gemeente Florida ingelyf is.

Distrik

Merinowol is die belangrikste ekonomiese bedryf in die distrik.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.