From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Hemelliggaam is ’n natuurlike voorwerp of struktuur wat in die sigbare ruimte voorkom.[1] Dit sluit in die sterre, planete, mane, asteroïdes en komete. Hulle kan ook bestaan uit talle afhanklike voorwerpe wat saam sterreswerms, newels en sterrestelsels vorm.
Die grootste hemelliggame wat voorkom, is sterrestelsels, wat uit dwergsterrestelsels bestaan. Die sterrestelsels word gegroepeer in sterrestelselswerms, wat dikwels weer in groter superswerms lê wat in groot filamente tussen byna leë holtes voorkom. Dit alles vorm ’n web wat die sigbare heelal genoem word.[2] Sterre- en dwergsterrestelsels het ’n verskeidenheid vorms, wat bepaal word deur hul evolusiegeskiedenis, wat interaksies met ander sterrestelsels insluit.[3] Na gelang van die soort sterrestelsel kan dit spesifieke kenmerke hê soos spiraalarms, halo's en ’n kern. In die middel van die meeste sterrestelsels kom ’n swartkolk voor. Hulle het ook satelliete in die vorm van dwergsterrestelsels en bolswerms.
Die groot verskeidenheid van stervorms word feitlik geheel en al bepaal deur die massa, samestelling en evolusiefase van ’n ster. Hulle kan voorkom in veelvoudige stelsels wat om mekaar wentel, soos dubbelsterre en veelvoudige sterre.
Die verskillende soorte sterre kan gesien word in die Hertzsprung-Russell-diagram – ’n grafiek wat sterre se ligsterkte stel teenoor hul oppervlaktemperatuur. Elke ster volg ’n evolusiebaan deur die grafiek. Na gelang van die aanvanklike massa van ’n ster en die teenwoordigheid of afwesigheid van ’n metgesel, kan ’n ster die laaste fase van sy bestaan deurbring as ’n kompakte ster – óf ’n witdwerg óf ’n neutronster óf ’n swartkolk.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.