Heldeakker
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Heldeakker is 'n gedeelte van die ou Pretoria-kerkhof, wat in die destydse Kerkstraat-Wes in Pretoria geleë is. Die begraafplaas is in 1867 geopen, en bevat die grafte van talle openbare figure en bekende Suid-Afrikaners. Dit is die rusplek van historiese figure soos Andries Pretorius, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd. Die Australiese anti-held Breaker Morant (deur die Britte tereggestel vir oorlogsmisdade tydens die Tweede Vryheidsoorlog) is ook hier begrawe.[1]

Die eerste teraardebestelling het in 1867 plaasgevind. In 1973 was Tom Andrews (met die hulp van die Girl Guides) die begraafplaas se eerste landmeter. Hy het al die grafte gedokumenteer en later in 'n boek genaamd Pioneer Sketches (Mei 1983) gepubliseer.
Die Kerkstraat-begraafplaas is op die hoek van Kerkstraat en DF Malanrylaan in Pretoria.[2] Die sentrale deel van hierdie geskiedkundige begraafplaas staan as die Heldeakker bekend. Die begraafplaas is 'n groot groen veld vol grafstene met uiteenlopend vorme en style wat in rye georganiseer is. Aangesien dit 'n Christelike begraafplaas is, is die grafte na die ooste georiënteer. Die bome en struike gee die begraafplaas 'n rustige gevoel. Die silwer kruise is 'n beduidende en unieke kenmerk van die begraafplaas. Dit is ook as 'n erfenisterrein gelys.[3]
Bekendes wat hier begrawe is
- Andries Pretorius (1798–1853), stigter van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Willem Cornelis Janse van Rensburg (1818–1865), 2de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Thomas François Burgers (1834–1881), 4de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek
- Stephanus Schoeman (1810–1890), waarnemende president van die Zuid-Afrikaansche Republiek
- Breaker Morant (1864–1902), Australiese volksheld uit die Tweede Vryheidsoorlog
- Paul Kruger (1825–1904), 5de president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (na herbegrafnis)
- Elsie Eloff-Kruger (1853–1923), Paul Kruger se dogter
- Jopie Fourie (1879–1914), soldaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog en Maritz-rebellie
- Eugène Marais (1871–1936), digter
- Hans Strijdom (1893–1958), 6de premier van die Unie van Suid-Afrika
- E.G. Jansen (1881–1959), goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika
- Hendrik Verwoerd (1901–1966), 7de premier van die Unie van Suid-Afrika
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.