Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Mere van Afrika (Engels: African Great Lakes, Swahili: Maziwa Makuu) vorm 'n reeks van mere binne die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika. Dit sluit in die Victoriameer, die wêreld se derde grootste varswatermeer volgens oppervlakte, en die Tanganjikameer, die wêreld se tweede grootste meer volgens volume en diepte.[1]
Die groot skeurmere van Afrika vorm sedert ou tye die tuis van 'n groot biodiversiteit; 10 persent van die wêreld se visspesies is daar gevind. Die mere Victoria, Tanganjika en Malawi bevat 'n kwart van die aarde se varswatervoorraad.
Lande wat in die Groot Mere-streek (soms ook Groter Mere-streek genoem) geleë is sluit in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zambië.[2]
Die Groot Mere van Afrika word verdeel in drie verskillende opvanggebiede (rivierbekkens); 'n getal soos die Turkanameer, het ook interne dreineringstelsels. Die volgende, in volgorde van grootte van die grootste tot die kleinste, word dikwels tot die Groot Mere van Afrika gereken:
Soms word net die Victoriameer, Albertmeer, en Edwardmeer as die Groot Mere beskou, omdat hulle die enigste drie is wat in die Wit Nyl uitmond. Die Kyogameer is deel van die Groot Mere-stelsel, maar dit word egter nie as een van die Groot Mere beskou nie omdat dit heelwat kleiner is as die andere mere. Die Tanganjikameer en Kivumeer mond beide in die Kongorivier-stelsel uit, terwyl die Malawimeer se water deur die Shirerivier in die Zambezirivier vloei. Die Turkanameer het geen afloop nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.