From Wikipedia, the free encyclopedia
Grondchemie is dié tak van grondkunde wat hom met die grond se chemiese samestelling, eienskappe en reaksies besighou.
Grond bestaan uit 'n heterogene mengsel van lug, water, minerale, organiese stowwe en mikroörganismes en dit maak die chemie buitegewoon ingewikkeld.
J. Thomas Way word algemeen beskou as die vader van die grondchemie. Hy het in die vroeë jare 1850 heelparty eksperimente uitgevoer om te bestudeer hoe grond ione kan uitwisel. Die periode 1850-1900 se grondchemie is eintlik 'n voortvloeisel van sy werk.[1]
In die vroeë 20ste eeu is nog baie navorsing aan ioonuitruiling gedoen deur wetenskaplikes soos Gedroiz in Rusland, Hissink in Nederland en Kelley en Vanselow in Kalifornië.
Pauling het begin om die gelaagde struktuur van silikate te bestudeer en die koms van die X-straalkristallografie het Hendricks en Frey en Kelley et al. in staat gestel om te ontdek dat baie minerale, selfs klei, in die grond kristallyn is. Dit het 'n verbetering in die begrip van die ioonuitruiling tot gevolg gehad. 'n Nuwe fokus van die navorsing was die pH van die grond en die rol van aluminiumione en -hidroksiede daarin.
Teen 1970 het die natuurlike omgewing en die besoedeling daarvan 'n groter rol gaan speel. Die teenwoordigheid van spoormetale, radioaktiewe isotope, plaagdoders, voedingstowwe soos stikstof ens. het groter aandag gekry. Vooruitgang in die metodes van die analitiese chemie het aan die ontwikkeling 'n hupstoot gegee. Sedertdien het die grondchemie baie uitgebrei.
Daar is grootskaalse studies uitgevoer oor:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.