Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Griekwaland-Oos, oorspronklik bekend as Niemandsland omdat dit onbewoon was, was 'n distrik in noordoostelike deel van Kaapland, maar in 1978 is dit aan die destydse Natal, nou KwaZulu-Natal, oorgedra.
| |||||
| |||||
Volkslied: Pro Rege Lege et Grege (Latyns: "Vir Koning, Regte en die volk") | |||||
Ligging van Griekwaland-Oos in Suider-Afrika (~1862–1879) | |||||
Hoofstad | Kokstad 30°33′S 29°25′O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Nederlands, Xhosa | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Adam Kok III | ||||
Wetgewer | Raad/Volksraad | ||||
Geskiedenis | |||||
- Anneksasie van Philippolis | 1860 | ||||
- Uitsetting as Niemandsland | 1862 | ||||
- Laager | 1862 | ||||
- Beweeg vanaf Berg Currie | 1869 | ||||
- Stigting van Kokstad | 1872 | ||||
- Britse anneksie | 1879 | ||||
- Oorlede van Adam Kok III | 1875 | ||||
Area | 20 000 km2 7 722 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- skatting | 31 100 | ||||
Digtheid | 1,6 /km² 4 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Tokens |
In 1862 het sowat 2 000 Griekwas onder kaptein Adam Kok III hulle daar gaan vestig. Hulle het van Griekwastad af gekom, op Philippolis in die Vrystaat gewoon en toe deur Basoetoeland, nou Lesotho, getrek met die meeste van hul 20 000 stuks vee en 300 waens na dié onbewoonde maar vrugbare hoogland. Met hul hoofkwartier op Kokstad was die Griekwas deels onafhanklik en het papiergeld uitgereik (tans uiters skaars) in 1868 en ook munte, maar druk van nabygeleë swart stamme en van die naderende wit nedersetters was te sterk. In 1878 het Griekwaland-Oos deel van die Kaapkolonie geword en is dit onder 'n magistraat geplaas, wat die orde help herstel het. Die "Oos" is aangelas om die distrik te onderskei van Griekwaland-Wes rondom Kimberley.
In 1880 het die Griekwas in opstand gekom, maar sedertdien het die gebied vooruitgegaan en het uiteindelik een van Suid-Afrika se belangrikste suiwel- en beesgebiede geword.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.