From Wikipedia, the free encyclopedia
Gliese 876 is ’n rooi dwergster sowat 15 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Waterdraer. Dit is die vierde naaste ster aan die Son wat ’n bevestigde planeetstelsel is en die naaste ster wat meer as een planeet het – daar is altesaam vier.
Gliese 876 | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Gliese 876 b as ’n enorme bol gas soos Jupiter met ’n maanstelsel. | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Spektraaltipe | M4V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 53m 16,7339s[1] | |||
Deklinasie | –14° 15′ 49.322″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 10,15 | |||
B-V-kleurindeks | 1,59 | |||
U-B-kleurindeks | 1,15 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,334 | |||
Radius (R☉) | 0,36 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,013 | |||
Ouderdom (jaar) | 0,1–9,9 miljard | |||
Temperatuur (K) | 3 473 | |||
Afstand (ligjaar) | 15,3 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 4 | |||
Ander name | ||||
BD-15°6290, G 156-057, GCTP 5546.00, HIP 113020, IL Aquarii, LHS 530, Ross 780, Vys 337 | ||||
|
Twee planete is in die ster se bewoonbare sone geleë, maar hulle is moontlik gasreuse soortgelyk aan Jupiter.
Gliese 876 is redelik na aan die sonnestelsel – sowat 15,3 ligjare. Dit is egter so flou dat dit net deur ’n teleskoop gesien kan word. As ’n rooi dwerg is dit baie ligter as ons Son; dit het na raming sowat 32% van die Son se massa.[2] Sy radius is ook kleiner[3] en hy is koeler. Al hierdie faktore maak dat die ster slegs 1,24% so helder as die Son is, waarvan die grootste deel infrarooistrale is.
Dit is moeilik om die ouderdom en metaalinhoud van koel sterre te meet, maar na raming is Gliese 876 sowat 6,5 tot 9,9 miljard jaar oud, na gelang van die teoretiese model wat gebruik word,[4] en het dit sowat 75% van die son se hoeveelheid yster.[5] Die ster kan egter so jonk as 0,1–5 miljard jaar wees.[6]
Gliese 876 is ’n veranderlike ster. Sy helderheid wissel met sowat 0,04 mag.[7]
Twee onafhanklike spanne onder leiding van onderskeidelik Geoffrey Marcy[2] en Xavier Delfosse[8] het op 23 Junie 1998 die bestaan van ’n planeet om Gliese 876 aangekondig. Dit is ontdek deur die ster se radiale snelheid te meet en is Gliese 876 b genoem.
Op 4 April 2001 is ’n tweede planeet, Gliese 876 c, binne die wentelbaan van b ontdek.[9] Eugenio Rivera en J. Lissauer het gevind dat die twee planete ’n sterk swaartekrag-interaksie ondervind terwyl hulle om die ster wentel, en dit veroorsaak dat die wentelbaan-elemente vinnig verander.[10]
Op 13 Junie 2005 het ’n span onder leiding van Rivera ’n derde planeet, Gliese 876 d, binne die wentelbane van die twee Jupiter-grootte-planete ontdek.[11] Die vierde planeet, Gliese 876 e, is op 23 Junie 2010 ontdek.[12]
Nie een van die planete beweeg voor die ster verby soos van die Aarde af gesien nie en dit maak dit moeilik om hul eienskappe te bestudeer.[13]
Die buitenste drie bekende planete het waarskynlik buite die stelsel gevorm en is daarna deur die ster aangetrek.[12]
Gliese 876 d is die binneste planeet, en met sy massa van net 5,88 keer dié van die Aarde, kan hy ’n digte terrestriële planeet wees.
Gliese 876 c is ’n reuseplaneet van sowat 0,62 MJ. Dit neem 30,34 dae om om die ster te wentel. Sy wentelbaan is binne die bewoonbare sone en daar kan vloeibare water op sy mane se oppervlak wees indien hulle bestaan.
Gliese 876 b het ’n massa van omtrent twee keer dié van Jupiter en neem sowat 61 dae om om die ster te wentel op ’n afstand van net 0,208 AE, nader as wat Mercurius aan die Son is.[14] Die teenwoordigheid van vloeibare water op sy mane is moontlik indien hulle bestaan.
Gliese 876 e het ’n soortgelyke massa as Uranus en sy wentelbaan word in 124 dae voltooi.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
d | 6,83 ± 0,40 M⊕ | 0,02080665 ± 0,00000015 | 1,937780 ± 0,000020 | 0,207 ± 0,055 | — | — |
c | 0,7142 ± 0,0039 MJ | 0,129590 ± 0,000024 | 30,0081 ± 0,0082 | 0,25591 ± 0,00093 | — | — |
b | 2,2756 ± 0,0045 MJ | 0,208317 ± 0,000020 | 61,1166 ± 0,0086 | 0,0324 ± 0,0013 | — | — |
e | 14,6 ± 1,7 M⊕ | 0,3343 ± 0,0013 | 124,26 ± 0,70 | 0,055 ± 0,012 | — | — |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.