voëlspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gewone tarentaal (Numida meleagris) is die bekendste van die tarentaalfamilie, Numididae. Dit is 'n waaksame voël wat in troppe rondloop en goed kan vlieg, maar hulle sal eerder weghardloop as om weg te vlieg.
Gewone tarentaal | |
---|---|
In die Nasionale Krugerwildtuin | |
Roepe van gedomestiseerde henne | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Numida Linnaeus, 1766 |
Spesie: | N. meleagris |
Binomiale naam | |
Numida meleagris Linnaeus, 1758 | |
Natuurlike verspreiding in groen aangedui. Ingevoer na Wes-Kaap en elders. |
Die tarentaal is 'n algemene jagvoël en kom wyd verspreid in Afrika suid van die Sahara en Suid-Afrika voor. Hulle word tussen digte bosse vanaf die Oos-Kaap noordwaarts aangetref. 'n Verwante spesie, die kuifkoptarentaal, is 'n tropiese bewoner van KwaZulu-Natal en die Krugerwildtuin. Daar is ook populasies in die Wes-Indies en die suide van beide Frankryk en Engeland.
Tarentaalvleis is ook nou vrylik beskikbaar in Britse supermarkte en word deur Gressingham Foods versprei. Die tarentale wat nou kommersieel verkrygbaar is, word grotendeels in Engeland geteel.
Die amper kaal nek en plomp, wit-gespikkelde lyf op swart-grys vere is goed bekend in Suid-Afrika. Dit is 'n groot (60–68 cm) voël met 'n ronde liggaam en 'n klein kop.
Van die streeksname vir die voël sluit in: bankrotvoël, kewerkonstabel, bylkop, poelpetaat, droëkopvoël en belhoender.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.