From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Alberton-Wes is een van drie gemeentes van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika op die Randse dorp Alberton. Die Gereformeerde kerk Alberton is op 9 Desember 1939 van Germiston afgestig terwyl Brackenhof in 1996 ontstaan het uit ’n samesmelting van Eikenhof (1946) en Brackenhurst (1982). In die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk (1959) het Alberton en Eikenhof saam 551 belydende lidmate gehad. Einde 2014 het die belydende lidmate van Alberton, Alberton-Wes en Brackenhof saam 653 getel, van wie 289 (sowat 45 persent) lidmate van Alberton-Wes was.
Gereformeerde Kerk Alberton-Wes | ||
Sluit in | Alberante Generaal Albertspark Meyersdal New Market New Redruth (-Wes) Randhart Raceview Southcrest Suidrand | |
Klassis | Vaalrivier | |
Huidige predikant(e) | vakant | |
Belydende lidmate | 214 | |
Dooplidmate | 33 | |
Adres | H.v. Petersfielde en Phantomstraat Raceview Alberton | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 26 Junie 1966 | |
Afgestig van | Alberton | |
Eerste predikant | F.J. van Deventer (1967–'70) |
Vanweë die snelle uitbreiding van die dorp Alberton is besluit ’n tweede gemeente moes gestig word. Op 26 Junie 1966 stig Alberton-Wes af. Eers is eredienste in ’n skoolsaal gehou en die kerkraad besluit om te wag met bouwerk aan ’n eie kerk tot die boufonds op R10 000 staan. Einde 1969 is dié mylpaal bereik. Lidmate het self die bouwerk onderneem en die kerkgebou is op 2 Mei 1970 in gebruik geneem nadat ds. F.J. van Deventer die hoeksteen tydens dieselfde geleentheid onthul het.
Die gemeente se eerste predikant, van 1967 tot 1970, was ds.Frikkie van Deventer. Hy is later na Middelburg, Kaap beroep en toe na Germiston. Hy is oorlede op 17 September 2011. Sy weduwee, Annamarie, is 'n talentvolle skilder en pianis. Hul tweede seun, Frederik, is tans jeugleraar van Linden. Ds. Van Deventer se opvolger was ds. (Mooi) Hennie Coetzee. Hy was met Wouda van der Walt getroud. Wouda was die Afrikaanse omroeper Johannes van der Walt se dogter. Hennie en Wouda het later 'n beroep na Magol aanvaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.