From Wikipedia, the free encyclopedia
Epilepsie, of vallende siekte, is 'n chroniese toestand van die brein. Dit word gekenmerk deur aanvalle wat skynbaar geen voor die hand liggende oorsaak het nie.[6][7] Vir buitestaanders lyk hierdie aanvalle soos episodes van onbeheerde stuiptrekkings, hewige rukkings en bewusteloosheid.[8] Hierdie episodes kan van korte duur en moeilik wees om op te spoor (epilepsie minora of petite mal). Dit kan ook langer duur en ernstiger wees (epilepsie majora of grand mal).
Epilepsie | |
---|---|
3 Hz-golwe op 'n elektro-enkefalogram. | |
Spesialiteit | Neurologie |
Simptome | Tydperke van kwaai skuddings[1] |
Tydsduur | Lang termyn[1] |
Oorsake | Onbekend, beroerte, breinskade, -gewas of -infeksie, geboortedefekte[1] |
Diagnostiese metode | Elektro-enkefalogram, uitskakeling van ander oorsake[2] |
Behandeling | Medikasie, chirurgie, neurostimulasie, dieetveranderings[3][4] |
Prognose | Beheerbaar in 69%[5] |
Frekwensie | 39 miljoen / 0,5% (2015) |
Sterftes | 125 000 (2015) |
Mediese waarskuwing |
Die kondisie kom redelik algemeen voor. Ongeveer een persent van die wêreldwye bevolking (65 miljoen) het epilepsie.[9] Byna tagtig persent van alle voorvalle kom in ontwikkelende lande voor.[8] Epilepsie is meer algemeen by ouer mense.[10][11] In die ontwikkelde wêreld ontstaan die siekte meestal by babas en bejaardes.[12] In ontwikkelende lande kom dit merendeels by ouer kinders en jong volwassenes voor.[13] Tussen vyf en tien persent van alle mense sal sonder enige voor die hand liggende rede 'n aanslag voor die ouderdom van tagtig beleef.[14] Die kans vir 'n tweede aanval is tussen veertig en vyftig persent.[15]
Daar is verskeie vorms van epilepsie, maar die volgende is meestal waar:
Mense wat 'n epileptiese aanval beleef staar 'n aantal probleme in die gesig. Die mees algemene hiervan is:
Riskante gedrag kan soms aanvalle uitlok. Sulke risikofaktore sluit in:
Mense wat spanning goed hanteer, wat genoeg slaap, en wat nie te veel drink nie kan die risiko van 'n aanval verminder. Dit help dus om genoeg te rus en gereeld te oefen, wat spanning sal verlig.
In baie gevalle kan medikasie of 'n spesiale dieet ook help om aanvalle te voorkom. Chirurgie is soms moontlik as die pasiënt nie op medikasie reageer nie.
Beskerm die pasiënt sodat hy homself nie beseer nie (verwyder voorwerpe wat beserings kan veroorsaak). Moenie die stuiptrekkings met geweld onderdruk nie, maar dit kan gekontroleer word deur die ledemate liggies vas te hou. 'n Kussing onder die kop kan help om kopbeserings te voorkom. Maak enige stywe klere los, veral rondom die nek. As die pasiënt sy tong byt, kan 'n lepel of stukkie hout sonder geweld tussen die tande geplaas word (rol dit in 'n sakdoek). As die pasiënt braak, moet sy kop eenkant gedraai word sodat hy nie daarin verstik nie. Ná die episode moet die persoon die geleentheid gegee word om te slaap. Moenie die pasiënt direk na die aanval verlaat alvorens hy nie ten volle tot sy sinne gekom het nie.
Ontbied 'n ambulans as die aanval langer as vyf minute duur, as dit deur 'n tweede aanval opgevolg word, of as die persoon nie binne 'n paar minute sy bewussyn herwin nie.
Onder geen omstandighede mag 'n versterkmiddel toegedien word nie.
Mense met epilepsie kan normale lewens lei en suksesvol wees. Onthou dat epilepsie nie deur 'n geestesversteuring of verstandelike vertraging veroorsaak word nie. Dit is boonop glad nie aansteeklik nie.
In sekere lande mag mense met epilepsie nie 'n motor bestuur nie. Die beperking word meestal opgehef as die persoon vir 'n bepaalde tydperk geen aanvalle gehad het nie. Mense met epilepsie mag veral nie busse, taxi's of vragmotors bestuur nie.
Voorbeelde van suksesvolle mense met epilepsie:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.