From Wikipedia, the free encyclopedia
Emanuel Ax (gebore op 8 Junie 1949) is 'n bekroonde Amerikaanse klassieke pianis. Hy is 'n dosent by die Juilliard Skool vir Musiek.[1]
Ax is gebore in 'n Pools-Joodse gesin[2] in Lviv, Oekraïne, (in wat toe nog die Sowjetunie was) as die seun van Joachim en Hellen Ax. Beide ouers het die konsentrasiekampe van die NSDAP oorleef. Ax het op die ouderdom van ses jaar begin klavierspel aanleer. Sy vader was sy eerste onderwyser gewees. Toe hy sewe jaar oud was het die gesin na Warskou, Pole getrek (waar hy klavierspel studeer het by die Miodowaskool). Twee jaar later het die gesin na Winnipeg, Manitoba, Kanada verhuis waar Ax voortgegaan het met sy musiekstudies, insluitende as 'n lid van die Junior Musikale klub van Winnipeg. Die gesin het in 1961 na New York getrek, waar Ax sy studies voortgesit het by die Juilliard Skool van musiek onder Mieczysław Munz. Ax het in 1970 sy B.A.-graad in Frans by die Columbia-universiteit behaal en ook Amerikaanse burgerskap verkry. Hy het in 1973 die Jong Konsertkunstenaars Internasionale Onderhoude gewen.
Ax is vernaam bekend as ondersteuner van hedendaagse komponiste en het reeds drie wêreldpremiéres gegee tydens die mees onlangse paar seisoene; naamlik Century Rolls deur John Adams, Seeing deur Christopher Rouse en Red Silk Dance deur Bright Sheng. Hy speel ook werke deur persoonlikhede soos Michael Tippett, Hans Werner Henze, Joseph Schwantner en Paul Hindemith, sowel as meer tradisionele komponiste soos Haydn, Mozart, Beethoven, en Chopin. Ax tree sedert 3 Augustus 1973 op as die hoofvenoot van die tjellis Yo-Yo Ma in duette. Hul genoemde eerste openbare optrede het by die Marlboro Musiekskool en Fees plaasgevind. Hulle het saam reeds groot dele van die tjello/klavier repertoire opgeneem.
Ax het ook vir 'n kort rukkie kwartette saam met Ma en die viooliste Isaac Stern en Jaime Laredo gespeel. Voor die kwartet in 2001 as gevolg van die afsterwe van Stern opgebreek het het hulle werke vir Sony deur Brahms, Fauré, Beethoven, Schumann en Mozart opgeneem. Ax is ook 'n gaskunstenaar in 'n dokumentêre rolprent oor die Toronto Simfonieorkes en Peter Oundjian getiteld Five Days in September; the Rebirth of an Orchestra. In 1997 was Ax die Musikale Direkteur van die Ojai Musiekfees saam met die dirigent Daniel Harding.
Ax het eredoktorsgrade vir musiek van Yale-universiteit[3] (toegeken in Mei 2007)[4] en Columbia-universiteit ontvang.[3] Hy het ook Yale-universiteit se Sanford Medalje ontvang.[5]
Grammy vir Beste Kamermusiek uitvoering:
Grammy vir Beste Instrumentale Solis uitvoering (sonder orkes):
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.