From Wikipedia, the free encyclopedia
Eleni is die rolprentverwerking van die Grieks-Amerikaanse joernalis Nicholas Gage se memoirs, Eleni. Dit is geregisseer deur Peter Yates en die draaiboek is deur Steve Tesich. John Malkovich, Kate Nelligan, Linda Hunt en Glenne Headly speel daarin.
Eleni | |
---|---|
Regisseur | Peter Yates |
Produksieleier | Nicholas Gage Mark Pick Nick Vanoff Nigel Wooll (mede-vervaardiger) |
Met | |
Musiek deur | Bruce Smeaton |
Kinematografie | Billy Williams |
Redigeerder | Ray Lovejoy |
Ateljee | CBS Theatrical Films |
Verspreider | Warner Bros. |
Speeltyd | 114 minute |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Begroting | $12 miljoen[1] |
Bruto wins | $305,102 |
Die film word by wyse van terugflitse vertel. Gage, wat tans in die Verenigde State woon, keer terug na sy geboorteland Griekeland om die raaisel van sy moeder se dood op te los. Die film speel af in Lia, 'n afgeleë dorpie waar Gage grootgeword het tydens die Griekse Burgeroorlog in die 1940's. Lia is geleë in die noordwestelike Griekse streek van Epirus. Die rolprent fokus veral op die moord van Gage se moeder deur kommunistiese guerrillas van die Demokratiese Leër van Griekeland (ΔΣΕ).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.