Eksteenfontein
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eksteenfontein is 'n klein nedersetting in die Richtersveld. Die dorpie lê aan die riviertjie met die naam Stinkfontein en is omring deur berge. Dit het ongeveer 800 inwoners en die meeste mans werk op die myne by Alexanderbaai en Kleinsee. Buite die dorpie woon die nomadiese Namaboere in tradisionele matjieshuise. Bokke loop nog vrylik deur die strate.
Eksteenfontein | |
---|---|
Gehug | |
Eksteenfontein | |
Koördinate: 28°50′0″S 17°15′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Richtersveld |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,73 km2 (0,28 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 531 |
• Digtheid | 727/km2 (1 880/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Bruin mense | 89.3% |
• Swart mense | 0.9% |
• Ander | 9.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 94.5% |
• Engels | 1.3% |
• Tswana | 1.1% |
• Ander | 3.0% |
Poskode (strate) | 8284 |
Rondom 1950 moes die 68 gesinne Bosluisbasters onder die leiding van eerw. Pieter Eksteen hulle hier op die plaas Stinkfontein vestig as gevolg van die Groepsgebiedewet. Die gemeente het 'n eenvoudige kerk gebou, die dorpie na hul leier vernoem en die naam in wit klippe teen 'n rant uitgepak.
In die dorpie is die kantoor van die Richtersveld gemeenskapsbewaringsgebied wat tot wêrelderfenisgebied verklaar is. Dit het toerisme en die ekonomie van die streek baie ten goede gekom. In die laerskool word Nama as taal onderrig. Daar is 'n museum, biblioteek, creche en posagentskap. Selfoonontvangs in die dorp en omgewing is baie beperk. Daar is geen vulstasie, restaurant, winkels of outobank nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.