’n Eksokomeet is ’n komeet wat buite ons Sonnestelsel voorkom – dit sluit in interstellêre komete en komete om ander sterre as die Son. Die eerste eksokomeet wat ontdek is, was in 1987 om Beta Pictoris, ’n baie jong tipe A V-ster.[1][2] Daar was teen Februarie 2019 altesaam 27 sterre met waargenome of vermoedelike eksokomete.[3][4][5]

Thumb
Eksokomete en verskeie planeetformasies om Beta Pictoris, ’n baie jong tipe A V-ster. (Konsep: Nasa-kunstenaar)

Sterrekundiges het die McDonald-sterrewag in Texas se teleskoop van 2,1 meter gebruik om ses eksokomeetstelsels waar te neem. Dowwe absorpsielyne het van nag tot nag verskil en daarop gedui dat dit veroorsaak word deur "groot wolke gas wat ontstaan wanneer komete nader aan hul ster beweeg en warmer word".[1][6] Die meeste stelsels wat onlangs ontdek is, is om baie jong tipe A-sterre.[6] In 2018 is eksokomete met data van die Kepler-ruimteteleskoop ontdek om tipe F-sterre.[7] 'n Paar laat tipe B-sterre (soos 51 Ophiuchi en HD 58647) het ook eksokomete.[8][9]

Eksokomete word beskou as ’n belangrike skakel om planeetformasie te verstaan, volgens navorsers. Die sterrekundige Barry Welsh beskryf die skakel soos volg: "Interstellêre stof vorm klonte onder die invloed van swaartekrag, en die klonte word rotse; die rotse smelt saam en word groter goed – planetesimale en komete – en eindelik kry jy planete."[6] ’n Gaswolk om Ceti 49 word toegeskryf aan ’n botsing van komete in dié sonnestelsel.[10]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.